Die Deense nasionale vrouekrieketspan is die nasionale vrouekrieketspan wat Denemarke in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Denemarke deur die Deense Krieketfederasie (DCF, van Deens: Dansk Cricket Forbund) beheer. Ná die volle lede Engeland en Ierland asook die assosiaatlede Nederland en Skotland is Denemarke tradisioneel een van die sterker nasionale Europese vrouekrieketspanne.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens word al die T20I-wedstryde wat Denemarke ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel as ’n volle T20I erken. Denemarke is tans (Augustus 2025) 40ste op die Twintig20-vrouewêreldranglys.

Beheerliggaam

Die Deense Krieketfederasie (Deens: Dansk Cricket Forbund, DCF) is in 1953 gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Denemarke. In 1966 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit. Daarbenewens was die Deense beheerliggaam in 1997 ’n stigtingslid van die Europese Krieketraad.

Die Deense Krieketfederasie bestuur al die Denemarke-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die DCF verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Deense span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting.

Geskiedenis Denemarke het sy EDI-buiging tydens die Europese Vrouekrieketbeker 1989 op eie bodem gemaak en dié toernooi as naaswenner afgesluit. Die Dene het ook die Europese Vrouekrieketbeker 1991 as naaswenner beëindig. Die span het ook twee keer aan vrouekrieketwêreldbekertoernooie deelgeneem en in 1993 in die sewende en in 1997 in die tiende plek geëindig. Hul enigste EDI-wedstryde buite die Europese Vrouekrieketbeker en die Vrouekrieketwêreldbeker was tydens twee reekse teen Nederland op die Mikkelberg-Kunst-und-Cricket Center in Duitsland in 1997 en 1998. Denemarke het op 21 Julie 1999 in sy laaste EDI-wedstryd teen Nederland gespeel. Destyds het vrouekrieket in Denemarke gesukkel met die verkryging van spelers nadat die Deense Krieketfederasie die nasionale liga van 2000 af op agt spelers per span beperk het.

In Augustus 2013 het Denemarke ’n terugkeer gemaak op internasionale vlak en aan ’n vyfhoekige toernooi in Bologna deelgeneem (saam met Estland, Gibraltar, Italië en België). Die Dene het dié toernooi as naaswenner ná die Italianers afgesluit, nadat die span drie van sy vier wedstryde gewen het. In Augustus 2014 het Denemarke saam met ses ander Europese spanne aan ’n internasionale 20-beurttoernooi in Berlyn deelgeneem. Hulle het slegs twee van hul ses wedstryde gewen (Gibraltar en België met nege paaltjies elk) en gevolglik in die vyfde plek geëindig, ná Italië, Duitsland, Frankryk en Jersey.

In Augustus 2024 het Denemarke die T20I-Nordiese Vrouebeker 2024 ná oorwinnings oor Guernsey, die gasvroue Noorweë, Estland en Finland XI beklink.

Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam 32 spelers EDI- en 28 spelers T20I-krieket vir Denemarke gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Deense span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Janni Jonsson 1989–1999 32 388 Line Ostergaard 2024–hede 16 238 Karin Mikkelsen 1993–1999 20 297 Line Leisner 2023–hede 19 234 Mette Frost 1990–1999 23 295 Tine Erichsen 2022–hede 17 227 Vibeke Neilsen 1989–1999 26 275 Nita Dalgaard 2022–hede 22 196 Trine Christiansen 1989–1997 26 253 Maria Karlsen 2022–hede 21 133 Korrek teen: 7 Augustus 2025 Korrek teen: 7 Augustus 2025

Paaltjies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Janni Jonsson 1989–1999 32 35 Nita Dalgaard 2022–hede 22 19 Susanne Neilsen 1989–1999 32 32 Line Ostergaard 2024–hede 16 17 Mette Gregersen 1990–1999 18 14 Divya Golechha 2022–hede 15 13 Lene Hansen 1989–1991 10 12 Camilla Ostergaard 2024–hede 14 10 Marlene Slebsager 1989–1999 21 12 Sofie Ostergaard 2023–hede 18 10 Korrek teen: 7 Augustus 2025 Korrek teen: 7 Augustus 2025

Spankapteins Tot op hede was vier spelers reeds die kaptein vir Denemarke tydens ’n EDI-wedstryd en vier tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.

EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Marlene Slebsager 1989 Tine Erichsen 2022 2 Janni Jonsson 1990–1999 Line Leisner 2023 3 Mette Frost 1993 Line Ostergaard 2024 4 Dorte Christiansen 1997 Kathrine Brock-Nielsen 2024–hede

Rekords EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 2 0 2 0 0 0,00 – 8 0 8 0 0 0,00 – 7 1 6 0 0 14,28 17 Julie 1991 1 0 1 0 0 0,00 – 1 0 1 0 0 0,00 – 1 1 0 0 0 100,00 10 Desember 1997 1 0 1 0 0 0,00 – 2 0 2 0 0 0,00 – t. Assosiaatlede 10 4 6 0 0 40,00 21 Julie 1989 Algeheel 33 6 27 0 0 18,18 21 Julie 1989 Rekords volledig tot en met EDI #1476 op 28 Julie 2025. Laaste keer hersien op 7 Augustus 2025. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie deelgeneem nie1978 Nie deelgeneem nie1982 Nie deelgeneem nie1988 Nie deelgeneem nie1993 Groepfase1997 Groepfase2000 Nie deelgeneem nie2005 Nie deelgeneem nie2009 Nie deelgeneem nie2013 Nie deelgeneem nie2017 Nie deelgeneem nie2022 Nie deelgeneem nie2025 Nie deelgeneem nie2029

T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Assosiaatlede 2 1 1 0 0 50,00 19 April 2025 1 1 0 0 0 100,00 11 Augustus 2024 1 1 0 0 0 100,00 10 Augustus 2024 2 0 2 0 0 0,00 – 1 1 0 0 0 100,00 15 September 2024 4 3 1 0 0 75,00 25 Augustus 2023 5 3 2 0 0 60,00 5 Mei 2024 2 2 0 0 0 100,00 19 April 2025 4 0 4 0 0 0,00 – Algeheel 22 12 10 0 0 54,54 25 Augustus 2023 Rekords volledig tot en met T20I #2433 op 6 Augustus 2025. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Nie deelgeneem nie2010 Nie deelgeneem nie2012 Nie deelgeneem nie2014 Nie deelgeneem nie2016 Nie deelgeneem nie2018 Nie deelgeneem nie2020 Nie deelgeneem nie2023 Nie deelgeneem nie2024 Nie deelgeneem nie2026 2028

Sien ook

Deense nasionale krieketspan

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Deense Krieketfederasie Denemarke-vroue op ESPNcricinfo Denemarke by die IKR

Kategorie:Krieket in Denemarke Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne