Old Mutual (voormalig die Suid-Afrikaanse Onderlinge Lewensversekeringsgenootskap, oftewel in Engels die South Africa Mutual Life Assurance Association) is 'n internasionale versekerings- en beleggingsbestuursmaatskappy. Die maatskappy is aanvanklik in Suid-Afrika gestig en gebaseer en het op die Suid-Afrikaanse mark gefokus. Dit is teenwoordig egter in Londen gebaseer. Volgens markkapitalisasie is Old Mutual die grootste finansiële maatskappy wat op die JSE genoteer is. Die maatskappy is ook gelys op die FTSE-100-indeks.
Die maatskappy besit bates in die Verenigde Koninkryk en in die Verenigde State van Amerika. Die maatskappy se Suid-Afrikaanse bates sluit in Nedbank (Suid-Afrika se vierde grootste bankgroep) en Mutual & Federal (die tweede grootste eiendoms- en risikoversekeraar in die land). Dit het ook kleiner bedrywighede in Namibië, Kenia, Malawi, Eswatini en Zimbabwe.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Amptelike VSA-webwerf
Kategorie:Britse maatskappye Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye Kategorie:Londen