links|duimnael|Die huidige partyleier en Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, Andy Burnham Die Arbeidersparty (Engels: Labour Party, ook bekend as slegs Labour) is 'n sentrum-linkse politieke party in die Verenigde Koninkryk. Die Arbeidersparty is die regerende party in die VK. Die party is in 1900 gestig en het die Liberale Party vir die eerste keer in die algemene verkiesing van 1920 verbygesteek.
Onder leiding van Tony Blair het die party die algemene verkiesing van 1997 gewen en was sedertdien tot 2010 die party aan bewind in die Verenigde Koninkryk.
Tussen 2007 en 2010 was Gordon Brown die leier van die party, maar nadat hy die verkiesing van 6 Mei 2010 verloor het, het hy op 10 Mei 2010 bedank. Sy opvolger was Ed Miliband tot 2015. Van toe tot 2019 was dit Jeremy Corbyn en Sir Keir Starmer het op 4 April 2020 die leier van die Arbeidersparty geword.
Ná die algemene verkiesing van 2024 het die Arbeidersparty 'n groot oorwinning behaal en ná veertien jaar in die opposisie na die regering teruggekeer, met Keir Starmer as Eerste Minister. Sedert Keir Starmer se bedanking in Julie 2026 is Andy Burnham die leier van die party, sowel as die daaropvolgende regeringshoof van die land.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Politieke partye in die Verenigde Koninkryk