duimnael|Kunsmatige intelligensie (KI) en generatiewe modelle

Kunsmatige intelligensie (KI) en joernalistiek verwys na die gebruik van KI in joernalistiek. Joernaliste en nuuskantore begin toenemend algoritmes en KI-instrumente, soos byvoorbeeld kletsbotte soos ChatGPT, aanwend in die skepping, redigering en verspreiding van nuus.https://akademia.ac.za/ki-kletsbotte-en-joernalistiek/ Hierdie tegnologieë stel joernaliste in staat om groot hoeveelhede data vinnig te verwerk, patrone te identifiseer en inhoud te genereer, wat die doeltreffendheid en bereik van nuusverslaggewing verbeter. KI word ook gebruik om outomatiese opsomming van artikels te skep, feite te verifieer en selfs gepersonaliseerde nuusvoorsiening aan lesers te bied. Alhoewel KI kragtige moontlikhede bied, bring dit ook uitdagings soos etiese kwessies, die risiko van vooringenome inhoud en die behoefte aan menslike toesig om akkuraatheid en geloofwaardigheid te verseker.

Geleenthede en bedreidings Die gebruik van KI in 'n joernalisiteke konteks bied nuwe geleenthede vir die beoefening van uitnemende joernalistiek, maar behels ook bepaalde bedregings vir die bedryf. Sommige van die geleenthede of voordele wat die gebruik van KI ten opsigte van joernalistieke praktyke bied, behels:https://www.researchgate.net/publication/337653937_Artificial_Intelligence_in_Journalism_A_Boon_or_Bane

verhoogde produktiwiteit van joernaliste; vinniger spoed in die beskikbaarstelling van nuus; verpersoonliking van nuusinhoud vir gebruikers; verbeterde multi-modale inhoud; verbeterede data-ontleding; en outomatisering van inhoudskepping, -genereging en -verspreiding.

Van die bedreigings of nadele sluit ondermeer in:

etiese vraagstukke in die gebruik van KI in verskillende joernalistieke praktyke (bv. privaatheidskendings, skepping en verspeiding van waninligting); gebrek aan in-diepte ontleding en aanbieding van nuusinhoud; die bestaan van betaalmure en beperkte toegang tot beskikbare nuusinhoud; en die skepping en verspreiding van sogenaamnde "klikaas".

Verwysings

Bronnelys Groenewald, Y. (2023). KI en kletsbotte, ʼn bedreiging of geleentheid vir joernalistiek? https://akademia.ac.za/ki-kletsbotte-en-joernalistiek/ Besoek op 25 Julie, 2025. Biswal, Santosh & Gouda, Nikhil. (2020). Artificial Intelligence in Journalism: A Boon or Bane?. 10.1007/978-981-15-0994-0_10.

Kategorie:Joernalistiek Kategorie:Kunsmatige intelligensie