Die Bengaalse nasionale vrouekrieketspan (Bengaals: বাংলাদেশ জাতীয় মহিলা ক্রিকেট দল), met die byname Female Tigers en Tigresses, is die nasionale vrouekrieketspan wat Bangladesj in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Bengaalse Krieketraad (BCB, van Engels: Bangladesh Cricket Board) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Tydens die Asiatiese Vrouebeker 2018 het Bangladesj sy eerste internasionale titel gewen. Bangladesj is tans (Junie 2026) agtste op die IKR-vroue-eendagranglys en tiende op die Twintig20-vrouewêreldranglys.

Beheerliggaam

Die Bengaalse Krieketraad (Bengaals: বাংলাদেশ ক্রিকেট বোর্ড; Engels: Bangladesh Cricket Board, BCB) is in 1972 as die Bengaalse Krieketbeheerraad (Engels: Bangladesh Cricket Control Board, BCCB) gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Bangladesj. Sedert 26 Junie 2000 is Bangladesj ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Daarbenewens was die Bengaalse beheerliggaam in 1983 ’n stigtingslid van die Asiatiese Krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).

Die Bengaalse Krieketraad bestuur al die Bangladesj-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die BCB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Bengaalse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Bangladesj oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis duimnael|links|Die Bengaalse nasionale vrouekrieketspan nadat hulle in 2018 die Asiatiese Beker gewen het In 2008 het die Bengaalse nasionale vrouekrieketspan hul buiging gemaak tydens die Asiatiese Vrouebeker en die Asiatiese Spele. By laasgenoemde se 2010- en 2014-toernooie het hulle die silwermedalje ingepalm. Tydens die Asiatiese Beker 2012 het hulle die halfeindstryd gehaal en in 2018 het hulle hul eerste titel ingepalm. Hierdie oorwinning is veral noemenswaardig omdat die Asiatiese Bekertoernooi destyds deur Indië oorheers is. Die Bengaalse Krieketraad het daarop besluit om hierdie sukses met nog twee miljoen Taka vir die span te beloon. Biren Skider, minister van jeug en sport, het belowe om ’n spesiale opleidingsakademie vir die span te laat oprig. Teen Junie 2018 was die span in die negende plek op die ranglys. As gasvroue van die T20I-vrouewêreldbeker 2014 het hulle vir die eerste keer vir ’n T20I-vrouewêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Hulle is egter reeds in die groepfase uitgeskakel, soos by die daaropvolgende ses toernooie (2016, 2018, 2020, 2023, 2024 en 2026). Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het die span dieselfde uitslag behaal.

Agtergrond Krieket is een van die belangrikste sportsoorte in Bangladesj. In teenstelling met manssport is vrouesport egter minder ontwikkel. Daar is geen plaaslike of nasionale vroueliga buite die hoofstad Dhaka. Die vrouespan se salarisse is ook aansienlik minder as dié van die mansspan. In vergelyking met ander nasionale vrouespanne val die Bengaalse spelers ook terug. Veral sedert hul oorwinning tydens die Asiatiese Beker is daar ’n debat oor ’n gepaste ondersteuning vir die nasionale vrouekrieketspan.

Spelers Spelerstatistieke Daar het altesaam 41 spelers EDI- en 47 spelers T20I-wedstryde vir Bangladesj gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Bengaalse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Fargana Hoque 2011–hede 81 1 939 Nigar Sultana 2015–hede 128 2 653 Nigar Sultana 2015–hede 68 1 585 Fargana Hoque 2012–2023 84 1 253 Sharmin Akhter 2011–hede 56 1 452 Sobhana Mostary 2019–hede 66 1 059 Rumana Ahmed 2011–2022 50 963 Murshida Khatun 2018–2025 52 947 Ritu Moni 2012–hede 57 641 Rumana Ahmed 2012–2024 87 866 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Paaltjies EDIT20I Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Nahida Akter 2015–hede 63 81 Nahida Akter 2015–hede 107 123 Salma Khatun 2011–2022 46 52 Salma Khatun 2012–2023 95 84 Rumana Ahmed 2011–2022 50 50 Rumana Ahmed 2012–2024 87 75 Jahanara Alam 2011–2023 52 48 Fahima Khatun 2013–hede 101 67 Khadija Tul Kubra 2011–2021 31 42 Jahanara Alam 2012–2024 83 60 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Spankapteins Tot op hede was vyf spelers reeds die kaptein vir Bangladesj tydens ’n EDI en vier tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.

EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Salma Khatun 2011–2015 Salma Khatun 2012–2020 2 Jahanara Alam 2016 Jahanara Alam 2014–2016 3 Rumana Ahmed 2017–2019 Rumana Ahmed 2016 4 Fahima Khatun 2021 Nigar Sultana 2022–hede 5 Nigar Sultana 2021–hede

Rekords EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 5 0 5 0 0 0,00 – 2 0 2 0 0 0,00 – 10 7 1 0 2 70,00 26 November 2011 9 1 6 1 1 11,11 16 Julie 2023 5 0 3 0 2 0,00 – 17 8 8 1 0 47,05 4 Maart 2014 7 1 5 0 1 14,29 20 April 2026 22 3 19 0 0 13,63 6 September 2012 5 1 4 0 0 20,00 21 Januarie 2025 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 15 April 2025 1 1 0 0 0 100,00 10 April 2025 3 3 0 0 0 100,00 10 November 2021 Algeheel 87 26 53 2 6 29,89 26 November 2011 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie in aanmerking nie1978 Nie in aanmerking nie1982 Nie in aanmerking nie1988 Nie in aanmerking nie1993 Nie in aanmerking nie1997 Nie in aanmerking nie2000 Nie in aanmerking nie2005 Nie in aanmerking nie2009 Nie in aanmerking nie2013 Nie gekwalifiseer nie2017 Nie gekwalifiseer nie2022 Groepfase2025 Groepfase2029

T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 6 0 6 0 0 0,00 – 4 0 4 0 0 0,00 – 15 9 6 0 0 60,00 28 Augustus 2012 24 3 21 0 0 12,50 6 Junie 2018 5 0 5 0 0 0,00 – 21 5 16 0 0 23,81 4 Junie 2018 16 3 13 0 0 18,75 28 Oktober 2012 16 2 13 0 1 12,50 11 September 2012 7 0 7 0 0 0,00 – t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 19 Januarie 2022 1 1 0 0 0 100,00 5 Desember 2019 4 4 0 0 0 100,00 9 Junie 2018 1 1 0 0 0 100,00 22 Januarie 2026 6 5 1 0 0 83,33 8 Julie 2018 1 1 0 0 0 100,00 4 Desember 2019 3 3 0 0 0 100,00 1 Desember 2015 8 7 1 0 0 87,50 29 November 2015 8 8 0 0 0 100,00 28 November 2015 1 1 0 0 0 100,00 10 Julie 2018 3 3 0 0 0 100,00 1 September 2019 Algeheel 151 57 93 0 1 37,75 28 Augustus 2012 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Nie deelgeneem nie2010 Nie deelgeneem nie2012 Nie deelgeneem nie2014 Groepfase2016 Groepfase2018 Groepfase2020 Groepfase2023 Groepfase2024 Groepfase2026 Groepfase2028 gekwalifiseer

Asiatiese Vrouebekerrekord JaarUitslag2004 Nie deelgeneem nie2005–06 Nie deelgeneem nie2006 Nie deelgeneem nie2008 Groepfase2012 Halfeindrondte2016 Groepfase2018 Kampioen2022 Groepfase2024 Halfeindrondte

Asiatiese Spelerekord JaarUitslag2010 Silwermedalje2014 Silwermedalje2022 Bronsmedalje2026 gekwalifiseer

Sien ook

Bengaalse nasionale krieketspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Bengaalse Krieketraad BanglaCricket Bangladesj-vroue op ESPNcricinfo Bangladesj by die IKR

Kategorie:Krieket in Bangladesj Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne