Fort Amiel in Newcastle, KwaZulu-Natal was ‘n belangrike Britse militêre basis tydens die Anglo-Zoeloeoorlog, Eerste Vryheidsoorlog en die Tweede Vryheidsoorlog. Daarom is dit deel van die toeristiese Slagveldroete in die noorde van kwaZoeloe-Natal. Tans huisves dit die dorp se kultuurmuseum wat veral in sy versameling klem lê op krygsgeskiedenis.
Ligging Die fort is by Fortweg 4 in die woonbuurt Amiel Park by die koördinate 27° 44′ 84″ suid en 29° 55′ 17″ oos. Dit is op ‘n koppie wat uitsig bied oor ‘n destydse wadrif in die Ncandurivier, oor die dorp en in die verte oor die Drakensberge.
Vesting Die fort is in 1876 gebou deur soldate van die regiment 80th Staffordshire Volunteers onder majoor C.F. Amiel. Hierdie gebouekompleks bestaan o.a. uit ‘n uitkykpos, waghuis, smedery, menasie, kombuis, magasyn en kantore. Baie gewonde soldate is hier verpleeg.
Monument Die fort en omringende terrein (inlsuitende ‘n begraafplaas) is in 1979 tot gedenkwaardigheid verklaar. Daarna is dit gerestoureer om te toon hoe ‘n tipiese Britse militêre basis in die laat 19de eeu gelyk het. In 1990 is die museum geopen.
Persoon Charles Frederick Amiel (*Hanover Square, Londen, 2 Augustus 1822 - †Londen, 10 September 1885)
Bronnelys battlefieldsroute.co.za/place/fort-amiel-museum/ museumexplorer.co.za/fort-amiel-museum sa-venues.com/things-to-do/kwazulunatal/fort-amiel
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Forte in Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal