Die Engelse nasionale vrouekrieketspan (Engels: England women’s cricket team, afgekort England Women of England W) is die nasionale vrouekrieketspan wat Engeland en Wallis in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Sedert 1 Januarie 1997 word dit beheer deur die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB, van Engels: England and Wales Cricket Board) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status.
Engeland is die gesamentlike oudste span in vrouetoetskrieket wat hul eerste toets reeds in 1934 teen Australië gespeel het. Engeland is ná Australië die tweede suksesvolste span in internasionale vroue-eendagwedstryde en hulle het vier vrouekrieketwêreldbekertitels gewen (in 1973, 1993, 2009, 2017). Hulle was ook suksesvol in T20I-vrouewêreldbekertoernooie en het een titel ingepalm (in 2009).
Engeland is tans (Julie 2026) tweede op die IKR-vroue-eendagranglys en tweede op die Twintig20-vrouewêreldranglys. Ses voormalige Engelse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.
Beheerliggaam
Die Engelse en Walliese Krieketraad (EKR; Engels: England and Wales Cricket Board, ECB) is die beheerliggaam van krieket in Engeland en Wallis en toesighouer van die Engelse nasionale krieketspanne. Die EKR bestaan sedert 1 Januarie 1997 en verteenwoordig Engeland en Wallis by die Internasionale Krieketraad (IKR). Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die ECB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Engelse span. Die ECB se inkomste in die kalenderjaar van 2006 het £77 miljoen beloop.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Engeland oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.
Geskiedenis Oorsprong Krieketwedstryde tussen vroue is in Engeland sedert die middel-18de eeu gedokumenteer, onder andere in 1745 tussen Bramley Maids en Hambledon Maids in Guildford. Die eerste wedstryd tussen graafskappe is in Oktober 1811 tussen Surrey en Hampshire beslis. Die eerste krieketklub vir vroue, White Heather Club, is in 1887 in Yorkshire gestig. In 1926 is die Vrouekrieketvereniging gestig, wat daarna die vrouekrieket in Engeland gereël het.
Voor die Tweede Wêreldoorlog duimnael|links|Die Engelse vrouespan tydens hul Australiese 1934/35-toer In 1934 is die Engelse beheerliggaam vir ’n toer na Australië genooi, wat drie jaar vroeër hul eie krieketbeheerliggaam gestig het. Die deelnemende vroue moes die reiskoste van 80 GBP vir die sesmaandse toer self betaal. Getroude vroue is ook nie toegelaat om aan die toer deel te neem nie, aangesien dit glo vir hulle nie gepas was om vir so ’n lang tyd nie by die huis te wees nie. Die span het in Oktober 1934 die skeepsreis aangepak en van 28 Desember 1934 af sy eerste vrouetoetswedstryd teen Australië gespeel, wat hulle met nege paaltjies gewen het. Die uitstaande speler was Myrtle Maclagan wie in die tweede toetswedstryd met 119 lopies ook die eerste honderdtal vir Engeland aangeteken het. Hulle het die reeks van drie wedstryde met 2–0 beklink en hulle het ook die vrouetoetswedstryd in Nieu-Seeland gewen.
Gedurende somer het Australië Engeland besoek en Molly Hide het die kaptein tot in 1954 geword. Tydens dié toer het Engeland die eerste vrouetoetswedstryd verloor en die reeks het met 1–1 onbeslis geëindig. Die sukses van hierdie toere het daartoe gelei dat gedurende winter 1939/40 ’n toer na Australië sou plaasvind en die span het reeds sy spelers benoem, maar dit moes weens die Tweede Wêreldoorlog afgelas word.
Naoorlogse jare Die eerste toer ná die oorlog was gedurende winter 1948/49 weer in Australië en Nieu-Seeland en het vier spelers ingesluit wat ook voor die oorlog vrouetoetswedstryde gespeel het. Die toer, wat op ’n oorlaaide seevaartuig begin het, het hulle in Colombo ’n wedstryd teen All Ceylon XI gespeel en die toer het naas die vier vrouetoetswedstryde ook 30 toerwedstryde ingesluit. Langs hierdie wedstryde het die spelers ook sosiale verpligtinge gehad, wat egter ná ’n maand ingeperk is aangesien dit vir die span ’n las geword het. In Australië is die span in die eerste vrouetoetswedstryd geklop, waarmee hulle ook die reeks en die As verloor het, terwyl hulle die vrouetoetswedstryd in Nieu-Seeland gewen het. Ná sewe maande het hulle in Mei weer in Engeland aangekom.
Nadat die As-reeks in 1951 met 1–1 onbeslis geëindig het, het gedurende somer 1954 Nieu-Seeland vir die eerste keer Engeland besoek, maar in die reeks teen die gasvroue met 0–1 vasgeval. Eers in 1957/58 kon weer ’n toer in die Suidelike Halfrond gereël word, maar elkeen van die ses vrouetoetswedstryde het onbeslis geëindig. Tydens die 1960/61-seisoen het die Engelse vir die eerste keer ’n toer na Suid-Afrika onderneem en hulle kon die reeks met 1–0 beklink. In 1963 het die span die laaste wedstryd van die drie wedstryde in die reeks teen die Australiërs gewen, veral danksy die kaptein Mary Duggan se honderdtal van 101 onoorwonne lopies in die eerste beurt en haar altesaam sewe paaltjies (4/42 en 3/40). Daarmee het Engeland vir die eerste keer ná die oorlog die As-urn herwin. Ná die onbesliste 1968/69-reeks in Australië het hulle die trofee behou.
Met die Vrouekrieketwêreldbeker 1973 is die internasionale eendagwedstryde se tydperk ingelui. Onder haar kaptein Rachael Heyhoe Flint het hulle die eindstryd teen Australië gewen en die eerste vrouekrieketwêreldbekertoernooi beklink. Daarna het hulle ook die As-reeks in beklink, voordat ’n maer periode teen die Australiërs begin het. Onder andere het hulle tydens die drie daaropvolgende vrouekrieketwêreldbekereindstryde (in 1978, 1982, 1988) in die eindstryd teen Australië vasgeval en ook die As-urn kon hulle in ses reekse nie herwin nie, voor die 2002/03-reeks het die span slegs in 1998 ’n onbesliste reeks aangeteken. Daarteenoor het Engeland teen ander opponente meer sukses behaal. Onder andere het hulle in die EDI-reeks teen Wes-Indië in 1979 onbeslis gespeel en die reekse teen Nieu-Seeland in 1984 en Indië in 1986 het hulle maklik gewen.
Op pad na professionalisering duimnael|links|Vrouekriekettoetswedstryd tussen Australië en Engeland in 2017 op die Noord-Sydney-ovaal Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 op eie bodem het Engeland onder Karen Smithies die eindstryd teen Nieu-Seeland gewen, waardeur vrouekrieket in Engeland baie gewildheid verwerf het. Daarna is die Engelse span in die EDI-reekse teen Indië en Nieu-Seeland verslaan en tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 1997 en 2000 kon hulle nie die eindstryd haal nie. In 1998 is die vrouekrieket se bestuur verander en die Engelse en Walliese Krieketraad (England and Wales Cricket Board, ECB) het by die Vrouekrieketvereniging oorgeneem, waarmee die professionalisering gepaard gegaan het. Daarmee het die span ook nuwe momentum verkry en hulle het gedurende somer 2002 onder kaptein Clare Connor teen Indië geseëvier en daarna ook reekse teen Suid-Afrika (in 2003, 2003/04 en 2004/05) asook Nieu-Seeland (in 2004) beklink. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het hulle in die halfeindstryd egter weer teen Australië vasgeval. Daarteenoor het die Engelse gedurende somer 2005 weer die As-reeks beklink.
Daarna het Charlotte Edwards as kaptein oorgeneem. Onder haar het Engeland die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 in Australië beklink en ook die heel eerste T20I-vrouewêreldbeker 2009 op eie bodem gewen. Voorheen kon hulle ook die As-urn twee keer verdedig (in 2007/08 en 2009). Hulle moes die trofee egter in 2010/11 weer oorhandig en tydens beide die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2012 en 2014 het Engeland in die eindstryd teen Australië vasgeval. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 het hulle die derde plek behaal en daarna kon hulle die As-reekse in 2013 en 2013/14 beklink. Van 2014 af het die eerste spelers sentrale kontrakte met die Engelse beheerliggaam onderteken.
In 2016 het Heather Knight die nuwe kaptein geword. Onder haar het die Engelse in die Vrouekrieketwêreldbeker 2017 teen Indië geseëvier. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2018 is hulle in die eindstryd deur Australië verslaan en ook tydens die As-reekse sedert 2015 is die Engelse telkens deur die Australiërs geklop (in 2017/18, 2019 en 2021/22). Daarna het die Engelse die eindstryd van die Vrouekrieketwêreldbeker 2022 teen dieselfde opponent verloor. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 is hulle in die halfeindstryd deur die Suid-Afrikaanse gasvroue uitgeskakel. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het die Engelse in die halfeinstryd teen die Proteas vasgeval. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 is die span op eie bodem weer in die eindstryd deur Australië geklop.
Spelers Bekende spelers duimnael|upright|Charlotte Edwards (2009) Ses voormalige Engelse spelers is vir hul uitstekende prestasies in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:
Speler Posisie Inskrywing Rachael Heyhoe Flint Kolwer 2010 Enid Bakewell Veelsydig 2012 Claire Taylor Paaltjiewagter-kolwer 2018 Jan Brittin Veelsydig 2021 Charlotte Edwards Kolwer 2022 Sarah Taylor Paaltjiewagter-kolwer 2025
Spelerstatistieke Daar het altesaam 170 spelers toets-, 156 spelers EDI- en 69 spelers T20I-wedstryde vir Engeland gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Engelse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Janette Brittin 1979–1998 27 1 935 Charlotte Edwards 1997–2016 191 5 992 Danni Wyatt-Hodge 2010–hede 187 3 671 Charlotte Edwards 1996–2015 23 1 676 Tammy Beaumont 2009–hede 140 4 738 Natalie Sciver-Brunt 2013–hede 141 3 187 Rachael Heyhoe Flint 1960–1979 22 1 594 Heather Knight 2010–hede 160 4 372 Heather Knight 2010–hede 145 2 656 Carole Hodges 1984–1992 18 1 164 Natalie Sciver-Brunt 2013–hede 129 4 354 Charlotte Edwards 2004–2016 95 2 605 Enid Bakewell 1968–1979 12 1 078 Sarah Taylor 1998–2011 126 4 101 Sarah Taylor 2006–2019 90 2 177 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026
Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Mary Duggan 1949–1963 17 77 Katherine Sciver-Brunt 2005–2022 141 170 Sophie Ecclestone 2016–hede 113 154 Myrtle Maclagan 1934–1951 14 60 Sophie Ecclestone 2016–hede 84 141 Katherine Sciver-Brunt 2005–2023 112 114 Katherine Sciver-Brunt 2004–2022 14 51 Jenny Gunn 2004–2019 144 136 Anya Shrubsole 2008–2020 79 102 Enid Bakewell 1968–1979 12 50 Laura Marsh 2006–2019 103 129 Natalie Sciver-Brunt 2013–hede 141 90 Gillian McConway 1984–1987 14 40 Anya Shrubsole 2008–2022 86 106 Sarah Glenn 2019–hede 73 89 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026 Korrek teen: 6 Julie 2026
Spankapteins Tot op hede was 15 spelers reeds die kaptein vir Engeland tydens ’n toetswedstryd, 20 tydens ’n EDI en elf tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.