Die Erasmuskasteel, ook lank bekend as Die Spookhuis, is 'n imposante herehuis wat in die voorstad Erasmuskloof van Pretoria, Suid-Afrika, geleë is. Die huis is oorspronklik deur George Dean Erasmus besit en is 'n unieke landmerk in die stad en gerugte van spoke en bonatuurlike ontmoetings in en om die woning is volop. Alhoewel die huis en sy terrein privaat besit word deur Krygkor, vind openbare toere en kulturele byeenkomste op die perseel plaas. Volgens die gerugte van paranormale aktiwiteite word daar glo verligte vensters in die onbewoonde herehuis waargeneem, ontmoetings met Dean Erasmus, en die hoor van 'n ontstellende gekreun in die nag.
19de en 20ste eeue Die herehuis se konstruksie het in 1892 begin en is in 1903 voltooi. Vroeg in die 20ste eeu het die huis egter in ruïne verval. In die laat 1960's was die Erasmus-erfgename verplig om die plaas Garsfontein aan die Pretoria Munisipaliteit te verkoop namate die ontwikkeling van nuwe snelweë oos van die stad gevolg het. Hierdie planne het deur die mat geval en in 1975 het Krygkor die eiendom verkry vir die ontwikkeling van hul nuwe hoofkwartier.
In 1975 het Krygkor (amptelik Armscor) se raad met Billy Nel, bygestaan deur Dr. Elise Labuschagne, Hannes Meiring en Anton Janson, opdrag gegee om die herehuis tot sy oorspronklike vorm te restoureer. Die twee oorspronklike plaashuise op die plaas is nader aan die herehuis geskuif om ruimte te maak vir die bou van Krygkor se nuwe imposante hoofkwartier. Die plaashuise was klip vir klip gesloop en toe nader aan die herehuis herbou. Die Erasmus-familiebegraafplaas, wat erg gevandaliseer was, is na die oorspronklike beeskraalgebied verskuif. In 1989 is die konstruksiefirma AJ Konstruksie (Edms) Bpk gekontrakteer om die herehuis te restoureer na sy oorspronklike kondisie.
21ste eeu Uit die herehuis spruit konstant nuwe en opwindende verhale en gerugte en bly tot vandag toe gewild onder spookjagters en historiese verenigings.
Historiese belangrikheid In 'n grot op die eiendom is verskeie pre-koloniale artefakte ontdek. Die belangrikste hiervan was San- artefakte wat dateer is as meer as 150 000 jaar gelede, turkoois krale waarvan die oorsprong gedateer is na die tyd van die handelaars van antieke Fenisië. Die terrein bevat ook 'n bewaarde huis uit die vroeë Voortrekker-tydperk met 'n histories kenmerkende beesmisvloer.
Sien ook Spook Lys van Kastele en Vestingwerke in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboue en strukture in Pretoria Kategorie:Koördinate op Wikidata