duimnael Otto Hahn (8 Maart 1879 – 28 Julie 1968) was 'n Duitse chemikus wat 'n pionier op die gebied van radiochemie was. Hy word die vader van kernchemie en ontdekker van kernsplyting genoem, die wetenskap agter kernreaktore en kernwapens. Hahn en Lise Meitner het isotope van die radioaktiewe elemente radium, torium, protaktinium en uraan ontdek. Hy het ook die verskynsels van atoomterugslag en kernisomerie ontdek, en was 'n baanbreker in rubidium-stronsium-datering. In 1938 het Hahn, Meitner en Fritz Strassmann kernsplyting ontdek, waarvoor Hahn alleen die 1944 Nobelprys vir Chemie toegeken is.
Bronnelys
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1879 Kategorie:Sterftes in 1968 Kategorie:Duitse chemici Kategorie:Nobelprys vir Chemie wenners