duimnael Richard Adolf Zsigmondy (Hongaars: Zsigmondy Richard Adolf; 1 April 1865 – 23 September 1929) was 'n in Oostenryk gebore chemikus. Hy was bekend vir sy navorsing oor kolloïde, waarvoor hy in 1925 die Nobelprys vir Chemie ontvang het, asook vir die mede-uitvind van die spleet-ultramikroskoop en verskillende membraanfilters. Die krater Zsigmondy op die Maan is na hom vernoem.

Bronverwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1865 Kategorie:Sterftes in 1929 Kategorie:Duitse chemici Kategorie:Nobelprys vir Chemie wenners