Geluksdal is 'n 96 minuut lange Afrikaanse romantiese drama wat in 1974 vrygestel is. Die film is deur Manie van Rensburg geregisseer met 'n draaiboek gebaseer op die populêre Springbokradio-verhaal deur Willie van Rensburg, vervaardig deur Kavaliers Filmproduksies (Ben Vlok) en versprei deur Kinekor/Primedia/Nu Metro.
Sinopsis Jorrie Lourens, 'n siviele ingenieur, besoek die vallei waar 'n nuwe dam beplan word. Daar ontmoet hy die inwoners van Geluksdal en besef hy die impak van die dam op die mense en die omgewing. Vir Pinkie en haar pa is dit 'n groot slag, aangesien hulle hul huis sal moet ontruim. Nadat sy onsuksesvol probeer het om die projek te saboteer, besluit Pinkie om Jorrie op 'n ander manier te oorreed om die dambouery te staak – deur hom te verlei.
Rolverdeling
Die rolverdeling behels Nic de Jager, Estelle Zeeman, George Ballot, Tromp Terre'Blanche, Jan Bruijns, Dulcie van den Bergh, Fanie Bekker en Schalk Jacobsz.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente