Dooie duikers deel nie is 'n Wes-Duitse produksie met Afrikaanse oorklanking wat in 1974 onder die naam Ein toter Taucher nimmt kein Gold vrygestel is.
Die film is deur Harald Reinl en Jürgen Roland (ongekrediteer) geregisseer, met onder andere Marius Weyers en Sandra Prinsloo in die hoofrolle, en gebaseer op die boek Ein toter Taucher nimmt kein Gold deur Heinz G. Konsalik. Die verhaal speel af in die Karibiese See, alhoewel die film in Suid-Afrika opgeneem is.
Sinopsis 'n Groep avonturiers gaan in die Karibiese See op soek na 'n gesonke skat. Die duikers word gekonfronteer met 'n reuse seekat, haaie, en verraad.
Rolverdeling Die hoofrolle word vertolk deur Horst Janson (as Hans Faerber), Hans Hass Jr. (as Peter Damms), Marius Weyers (as René Chagrin), Monika Lundi (as Ellen), Sandra Prinsloo (onder die naam Sandra Prinzlow, as Pascale), en Percy Sieff (as Don Pedro).
Eksterne skakels Ein toter Taucher nimmt kein Gold (1974) op IMDB Deadly Jaws (1974) op Letterboxd
Kategorie:Afrikaanse rolprente