Die afspraak is 'n 99 minuut lange Afrikaanse drama wat in 1974 vrygestel is. Die film is deur Jan Breytenbach geregisseer met 'n draaiboek ook deur Jan Breytenbach, vervaardig deur Henjac/Henjak Films/Vermu Filmproduksies (Kosie Vermeulen en Hentie Vermeulen) en versprei deur Flip Bezuidenhout Produksies/Nu Metro.
Sinopsis
'n Geheimsinnige man word duiselig wakker op 'n voortsnellende trein, 'n rewolwer styf in sy hand vasgeklou, en 'n aktetas vol geld om sy middel vasgeboei. Wie hy is, hoe hy op die trein beland het, wie hom beseer het, en die oorsprong van die rewolwer en geld – al hierdie vrae sal slegs beantwoord word deur die nakoming van 'Die Afspraak'.
Rolverdeling
Die rolverdeling is Jan Breytenbach, Ankia Rudolph, Carel Trichardt, Don Leonard, Klaas de Boer, Albert Botha, Louise Prezesky, Evert van Niekerk, Kosie Vermeulen, Hans Horn, Francis Coertze, Roelien Spruijt, Coert Pretorius, Chris Kruger, Gert Grobler, Henry Barnard, Francois van Wyk en Andries Swanepoel.
Verwysings