Dingaka is 'n 98 minuut lange Afrikaanse aksiedrama wat in 1964 vrygestel is. Die film is deur Jamie Uys geregisseer met 'n draaiboek ook deur Jamie Uys, gebaseer op die oorspronklike verhaal deur Eddie Domingo. Die film is vervaardig deur Jamie Uys Filmproduksies en versprei deur Primedia.
Sinopsis Dingaka, wat "toordokter" beteken, was 'n groot internasionale sukses. Hierdie film beklemtoon die stamgebruike en musiek van mense in Afrika, asook die konfrontasie tussen die swart en wit mense se wette. Die verhaal handel oor Ntuku Makwena, 'n Masaai-vegter wie se dogter tydens 'n stamritueel vermoor word. Ondanks stamgebruike volg hy sy dogter se moordenaar na die stad, waar hy met die Europeërs se gereg in botsing kom. Hy leer uiteindelik dat beide die swart en wit mense se wette op regverdigheid geskoei is.
Rolverdeling Die rolverdeling behels Ken Gampu, Stanley Baker, Juliet Prowse en Bob Courtney in die hoofrolle.
+Gekrediteerde RolverdelingAkteurKarakterVerw.Stanley BakerTom DavisJuliet ProwseMarion DavisKen GampuNtuku MakwenaAlfred JabulaniMpudiJohn SithebeToordokterPaul MakgobaMasabaSiegfried MynhardtRegterGordon HoodAanklaerFlora MotaungRurariBob CourtneyGevangeniskapelaanGeorge MooreJohnson, Sekretaris van die RegshulpverenigingHugh RouseBantoe-kommissarisSimon SwindellDokterWillem BothaKlerk van die HofSophie MgcinaLoflied solisJimmy SabeHoofsangerDaniel MarolenMan van GodCocky TlhotlhalemajePriesterClement MehlomakuluDanserLulami JabulaniBaba seuntjieSandy NkomoGevangene Amigo DiraEbenFusi ZazayokweStokvegterThembiOnikaThandiLetseaLemmy SpecialPenniefluitjiespeler
Verwysings
Eksterne skakels http://www.rottentomatoes.com/m/dingaka/
http://www.soundtrackcollector.com/catalog/soundtrackdetail.php?movieid=36833
Kategorie:Afrikaanse rolprente