Twee broeders ry saam is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1968 vrygestel is. Die film is deur Kappie Botha geregisseer met 'n draaiboek gebaseer op die radioverhaal deur Anna M. Louw, soos verwerk deur Enodie Kritzinger. Die film is vervaardig deur Carfo en versprei deur Bybelmedia.

Sinopsis

Anna M. Louw se radiodrama handel oor 'n sendeling wat 'n rylopper oplaai, onbewus daarvan dat hy 'n ontsnapte misdadiger is. Tydens hul reis dreig die misdadiger die sendeling, maar die goeie in hom kry die oorhand deur die gesprek met sy weldoener.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Gerhard Cruywagen, Piet Grobler, Anna-Lise Grobler, Danie Smal, Wouter Warren, en Willem Makhibela.

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente