Die vervlakste tweeling is 'n 84 minuut lange Afrikaanse drama wat in 1969 vrygestel is. Die film is deur Mario Schiess geregisseer met 'n draaiboek gebaseer op die Duitse verhoogstuk, Der Hallodri, deur Peter Knarr, soos verwerk deur Wilhelm Grütter, Mario Schiess en Hannes Horne. Die rolprent is vervaardig deur Protea Films (Werner Grünbauer) en versprei deur Flip Bezuidenhout Produksies/Primedia/Nu Metro.
Sinopsis Hierdie verhaal handel oor Toni (Marius Weyers), 'n toneelspeler, wat sy oom Pieter (Arthur Swemmer) mislei om ekstra geld te kry. Wanneer oom Pieter die "tweeling" broers kom kuier, moet Toni, met die hulp van Alida (Laurika Behrens) en Lenie (Jana Cilliers), alles in die stryd werp om sy leuens vol te hou.
Rolverdeling Die rolverdeling behels Marius Weyers (as Toni, Paul en die Hamlet op die verhoog), Jana Cilliers (as Lenie), Laurika Behrens (as Alida), Johan du Plooy (as Manie), Arthur Swemmer (as Oom Pieter), Bill Brewer (as Dr. McDougall), Gabriel Bayman (as Ou Basjan), Carel Trichardt, Margaret Schiess, Enone van der Berg, Burt Hendrix, Walter Saunders, Boet Domisse, en Dennis Maraba.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente