De Oude Leeskamer in Dorpstraat op Stellenbosch is ‘n kultuur- en erfenissentrum.

Ligging Dit is by Dorpstraat 182, op die westelike hoek met Drostdystraat en huisves tans ‘n kunsgalery, ‘n biblioteek, ‘n skrywerswoonstel, ‘n restaurant en kantore en word ook benut vir die aanbied van praatjies, kursusse, slypskole en filmvertonings.

Eienaar Die gebou is die eiendom en huisves die kantore van die Jannie Mouton Stigting. Jannie Mouton is een van die mede-stigters van Capitec Bank.

Geskiedenis Die gebou dateer uit waarskynlik 1815 en die naam Oude Leeskamer is vanaf 1861 in gebruik. Voorheen is die pand nie slegs as biblioteek gebruik, maar ook as kantoor vir die landdros en as anneks van die Kweekskool regoor die straat. In 1865 is op ‘n vergadering in die gebou besluit op die stigting van die Stellenbosch Gimnasium. Daaruit het die latere Paul Roos Gimnasium en die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel.

Argitektuur Dit is ‘n besonder fraai gebou. Opvallend is die omlysting van die deure, die vensters bo die deure en die plafonne van geelhout.

Bibliografie Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004.  Fransen, Hans en Christo S. Botha: Discovering historical Stellenbosch. Kaapstad: H.A.U.M., 1979.  oudeleeskamer.org van Huyssteen, Ters: Foot-loose in Stellenbosch – a guide for walkers. Kaapstad: Tafelberg, 1977. 

Verwysings

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Stellenbosch