Komeet West, met die formele name C/1975 V1, 1976 VI en 1975n, was 'n komeet wat beskryf is as een van die helderste voorwerpe wat nog deur die binneste Sonnestelsel beweeg het, in 1976. Dit word dikwels 'n groot komeet genoem.
Geskiedenis 280px|thumb|links|250px|'n Animasie van C/1975 V1 se wentelbaan om die Son.
Die komeet is op 10 Augustus 1975 fotografies deur Richard M. West van die Europese Suidelike Sterrewag ontdek. Dit het op 25 Februarie 1976 perihelium (die naaste afstand aan die Son) bereik. Toe het dit vanweë voorwaartse spreiding 'n maksimum skynbare magnitude van -3 bereik.
Waarnemers het berig dat die komeet van 25 tot 27 Februarie helder genoeg was om in die helder daglig te bestudeer.
Ondanks sy helderheid het die media nie veel daaroor berig nie, deels weens die relatief teleurstellende vertoning van Komeet Kohoutek in 1973, wat wyd voorspel is dat dit uiters prominent sou word. Wetenskaplikes was versigtig om weer die publiek se verwagtings aan te wakker.
Periode links|thumb|250px|Komeet West in Maart 1976, rondom se maksimum helderheid.
Met 'n feitlik paraboliese wentelbaan, het ramings van die wentelperiode van dié langperiodekomeet gewissel van 254 000 tot 558 000 jaar. Wat die berekening bemoeilik het, was dat die kern gebars het en dit kon 'n niegravitasionele versteuring van sy wentelbaan veroorsaak het.
Opbreking Toe die komeet sowat 30 miljoen km van die Son af was, is waargeneem dat die kern in vier dele opgebreek het.
Die eerste verslag van die opbreking was op 7 Maart 1976, toe berig is die komeet het in twee dele opgebreek. Die sterrekundige Steven O'Meara het berig dat nog twee stukke op die oggend van 18 Maart gevorm het.
Die waarneming van die opbreking was destyds een van min; die merkwardigste een was die Groot Komeet van 1882, 'n Kreutz-sonskeerder.
Die komeet is sedert 2003 meer as 50 AE van die Son af.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Groot komete