Bennie-Boet is 'n 93 minuut lange Afrikaanse drama wat in 1967 vrygestel is. Die film is deur Kappie Botha geregisseer, gebaseer op die verhaal van Sita de Kock met dieselfde titel, vervaardig deur Carfo en versprei deur Bybelmedia.
Sinopsis
Hierdie verhaal handel oor Bennie (Hendrik van der Hoven), 'n kunssinnige seun wat 'n beeldhouer wil word, maar wie se vader (Willem Senekal) verwag dat hy die boerdery moet oorneem.
Rolverdeling
Die rolverdeling is Hendrik van den Hoven (as Bennie), Willem Senekal (as Bennie se pa), Barbara Luyt (as Anna), Helen van Pletzen (as tant Sannie), Willem Makhibela (as Fieland).
Verwysings