Kimberley Jim is 'n Afrikaanse musiekkomedie wat in 1963 vrygestel is. Die film is deur Emil Nofal en Jans Rautenbach geregisseer met 'n draaiboek deur Emil Nofal, vervaardig deur Jamie Uys Filmproduksies en versprei deur Primedia.
Sinopsis Twee Amerikaanse swendelaars (Jim Reeves en Clive Parnell) arriveer en verkul én vermaak terselfdertyd die plaaslike inwoners. Hulle raak ook betrokke by die romantiese intrige tussen Julie (Madeleine Usher) en Danny Pretorius (Vonk de Ridder).
Rolverdeling Jim Reeves - Jim Madison Madeleine Usher - Julie Patterson Clive Parnell - Gerry Bates Arthur Swemmer - Bert Patterson Vonk de Ridder - Danny Pretorius Tromp Terre'Blanche - Ben Vorster Mike Holt - Punchy Dawid van der Walt - Jan le Roux Ruth Neethling - Elize George Moore - Fred Parker Freddie Prozesky - Neels le Roux Don Leonard - Rube Morris Blake - Max Bloom
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente