Die koningingambiet of damegambiet (Engels: Queen's Gambit) is die opening in skaak wat met die volgende skuiwe begin: Dit is een van die oudste openings en word vandag nog algemeen gespeel. Dit word tradisioneel as 'n gambiet beskryf omdat dit lyk of wit die c-pion opoffer, maar dit kan as 'n verkeerde benaming beskou word omdat swart nie die pion kan buitmaak sonder om 'n nadeel te ly nie.

Geskiedenis Die koningingambiet is een van die oudste bekende openings in skaak. Dit is in 1490 al genoem en is in die 18de eeu deur Philipp Stamma van Aleppo aanbeveel. Dit is soms as die Aleppogambiet bekend ter ere van hom. Die koningingambiet het egter eers in 1873 in Wene gewild geraak. Dit het in die 1920's en '30's sy hoogtepunt bereik.

Verwysings

Nog leesstof

Lemos, Damian. (2015). The Queen's Gambit. Everyman Chess. . OCLC 921240674.

Skakels "Queen's Gambit" video and explanation, TheChessWebsite.com "Queen's Gambit Accepted Traps" video and explanation, Chessworld.net

Kategorie:Skaak