210P/Christensen is periodieke komeet van die Jupiterfamilie met 'n wentelperiode van 5,7 jaar. Dit is op 26 Mei 2003 deur Eric J. Christensen ontdek op foto's van die Catalina-lugopname, en herwin op foto's deur die waarnemingsending STEREO. Dit was die eerste keer dat 'n komeet wat net een keer sy verskyning gemaak het, deur 'n ruimtetuig herwin is.

Toe Christensen die komeet ontdek, het dit 'n geraamde magnitude van 14,6 gehad en 'n koma met 'n deursnee van tussen 10 en 35 boogsekondes. Dit het ook 'n dowwe stert gehad. Verdere waarnemings het getoon die komet het 'n kort periode.

Die komeet is op 31 November 2008 van die grond af gesien, toe dit 'n geraamde magnitude van 11 gehad het. Dit is die afgelope 10 000 jaar in 'n baanresonansie van 2:1 met Jupiter en kon sy oorsprong as 'n asteroïed gehad het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Nabyaardekomete