Die Ndedema-kloof (soms Didima-kloof) is 'n kloof in die Drakensberge is een van die rykste rotskunsgebiede in die wêreld. Daarom is hierdie kultuurmonument veral vir kunshistorici van groot belang.

Daar is 3909 veelkleurige Boesmantekeninge van hoë gehalte versprei oor 17 rotsskuilings. In een enkele rotsoorhang, die Sebaayeni-grot, is 1146 afsonderlike tekeninge. Die ouderdom van al die kunswerke word op ‘n 2000 jaar geskat.

Hierdie kunswerke is rondom die punt 29° 1′ 49″ suid en 29° 15′ 37″ oos, in die kloof van 5½ km in lengte. Dit is naby die Cathkin Peak Nasionale Park, Mike’s Pass en Monk’s Cowl.

Lees ook Boesmanrotskuns Ndedema-waterval

Bronnelys Pager, Harold: Ndedema. A documentation of the rock paintings of the Ndedema Gorge. Portland: International Scholarly Book Services. 1972

Verwysings

Kategorie:Kultuur in Suid-Afrika Kategorie:Beeldende kuns Kategorie:KwaZulu-Natal