55P/Tempel-Tuttle (algemeen bekend as Komeet Tempel-Tuttle) is 'n retrograde, periodieke komeet met 'n wentelperiode van 33 jaar. Dit pas by die definisie van 'n Halley-tipe komeet met 'n wentelperiode van tussen 20 en 200 jaar. Dit is onafhanklik op 19 Desember 1865 deur Wilhelm Tempel en op 6 Januarie 1866 deur Horace Parnell Tuttle ontdek. Die komeet is die moederliggaan van die Leonide-meteoorreën.
Kenmerke Die kern van die komeet is tydens die 1998-verskyning deur die Hubble-ruimteteleskoop waargeneem en daar is geraam dit het 'n albedo van 0,04. Die deursnee van die kern is na raming 1,8 km. Die kern het 'n rooierige kleur. 'n Straal materiaal is uit die kern waargeneem, en geskoei op sy beweging, is bereken die rotasieperiode is 15,31 ± 0,03 en 14,79 ± 0,02 uur.
Daar is ook bereken die komeet is gasryk in vergelyking met Halley se Komeet. Die infrarooi spektrum van die komeet stem baie ooreen met dié van 'n swartstraler met 'n temperatuur van 330 K en dit het 'n gebrek aan die silikaatuitstralings wat in ander komete waargeneem word.
Wentelbaan 55P/Tempel-Tuttle se retrograde wentelbaan veroorsaak dat meteore die Aarde teen 'n hoë snelheid van 70 km/s tref. Die wentelbaan kruis dié van die Aarde amper presies, en daarom hoef strome materiaal wat uit die komeet geskiet word, nie oor tyd baie uit te sprei om die Aarde te tref nie. Die komeet kom tans tot 0,008 AE (1 200 000 km) van die Aarde af. Strome materiaal van verbygange uit die verlede is dus nog dig wanneer die Aarde dit teenkom, en dit lei tot die siklus van 33 jaar van die Leonides. So is die meteoorreën van 1833 byvoorbeeld deur die vorige vebygang van 1800 veroorsaak.Archive of Leonid dust trail positions in 1833
Verwysings
Skakels
Kategorie:Nabyaardekomete