duimnael|regs W. Somerset Maugham (1874 – 1965) was 'n Engelse dramaturg, romansier en skrywer van kortverhale. Hy is gebore in die Britse ambassade in Parys waar sy vader werksaam was, en is teen 10-jarige ouderdom wees gelaat. Hy is grootgemaak deur sy oom, wat probeer het om die jongeling te oorreed om 'n rekenmeester of pastoor te word; in pleks hiervan het Maugham opleiding ontvang as geneesheer, alhoewel hy nooit op professionele vlak gepraktiseer het nie aangesien sy eerste roman, Liza of Lambeth, gepubliseer is in dieselfde jaar waarin hy sy kwalifikasies voltooi het.

'n Jaar na die publikasie van sy eerste roman het Maugham bydraes begin lewer aan tydskrifte. Aanvanklik het dié bydraes bestaan uit kortverhale, maar hy het ook rubrieke, nie-fiksie, briewe en outobiografiese stukke geskryf. Baie van sy nie-fiksie stukke is in boekvorm gepubliseer en het 'n wye reeks onderwerpe gedek, soos reisverslae, aktuele sake, outobiografiese stukke en belles lettres (Belles-lettres (Franse uitspraak: [bɛl lɛtʁ]) is 'n soort skryfwerk wat oorspronklik 'mooi' of 'fyn' skryfwerk beteken het. In die moderne, eng sin word die term toegeken aan literêre werke wat nie in die hoofkategorieë soos fiksie, poësie of drama val nie. Die frase word soms pejoratief gebruik vir skryfwerk wat fokus op die estetiese eienskappe van taal, eerder as die praktiese toepassing daarvan. 'n Skrywer of skryfster van belles-lettres staan bekend as 'n belletris). Maugham was ook redakteur van 'n aantal werke, wat dikwels die skryf van 'n voorwoord of inleidende hoofstuk tot die werk van ander skrywers behels het. In 1903 is sy eerste toneelstuk, A Man of Honour, opgevoer by die Imperial Theatre in Londen. Dit was die eerste van vele stukke vir die verhoog, en met die latere ontwikkeling van die bioskoop, is sy romans en verhale ook verwerk vir die silwerdoek.

By sy afsterwe in 1965 was Maugham, volgens sy biograaf Bryan Connon, een van die kommersieel suksesvolste skrywers van die twintigste eeu; Volgens The Times was Maugham "the most assured English writer of his time", en die blad het voorts geskryf dat "no writer of his generation ... graced the world of English letters with more complete or more polished assurance".

Romans en kortverhaalbundels

+ Romans en verhaalbundels deur Somerset Maugham Titel Jaar van eerste publikasie Uitgewer van eerste uitgawe(Londen, tensy anders vermeld) Notas Verw. Liza of Lambeth 1897 T. Fisher Unwin Roman The Making of a Saint 1898 T. Fisher Unwin Roman Orientations 1899 T. Fisher Unwin Kortverhaalbundel The Hero 1901 Hutchinson Roman Mrs Craddock 1902 Heinemann Roman The Merry-Go-Round 1904 Heinemann Roman The Bishop's Apron 1906 Chapman & Hall Roman The Explorer 1908 Heinemann Roman The Magician 1908 Heinemann Roman Of Human Bondage 1915 George H. Doran Company, New York Roman The Moon and Sixpence 1919 Heinemann Roman The Trembling of a Leaf: Little Stories of the South Sea Islands 1921 George H. Doran Company, New York Kortverhaalbundel The Painted Veil 1925 Heinemann Roman The Casuarina Tree: Six Stories 1926 Heinemann Kortverhaalbundel, bestaande uit ses verhale Ashenden: Or the British Agent 1928 Heinemann Kortverhaalbundel Cakes and Ale: or, the Skeleton in the Cupboard 1930 Heinemann Roman Six Stories Written in the First Person Singular 1931 Doubleday, Doran & Co., Garden City, NY Kortverhaalbundel The Book Bag 1932 Ray Long & Richard R Smith Inc, New York Kortverhaalbundel, bestaande uit 20 verhale The Narrow Corner 1932 Heinemann Roman Ah King 1933 Heinemann Kortverhaalbundel The Judgement Seat 1934 Centaur Press Kortverhaalbundel Cosmopolitans 1936 Doubleday, Doran & Co., Garden City, NY Kortverhaalbundel Theatre 1937 Heinemann Roman Christmas Holiday 1939 Heinemann Roman Princess September and the Nightingale 1939 Drukpers van die Universiteit van Oxford, Oxford Kortverhaalbundel The Mixture as Before 1940 Heinemann Kortverhaalbundel Up at the Villa 1941 Heinemann Roman The Hour Before the Dawn 1942 Doubleday, Doran & Co., Garden City, NY Roman The Unconquered 1944 House of Books Ltd, New York Kortverhaalbundel The Razor's Edge 1944 Heinemann Roman Then and Now 1946 Heinemann Roman Creatures of Circumstance 1947 Heinemann Kortverhaalbundel Catalina 1948 Heinemann Roman Quartet 1948 Heinemann Kortverhaalbundel Trio 1950 Heinemann Kortverhaalbundel deur Maugham, verwerking vir die silwerdoek deur Maugham, R.C. Sherriff en Noel Langley Encore 1951 Heinemann Kortverhaalbundel deur Maugham, verwerking vir die silwerdoek deur Maugham, T.E.B Clarke, Arthur Macrae en Eric Ambler

Publikasies in tydskrifte