is 'n klein nabyaarde-asteroïed wat op 13 November 2020 sowat 370 km van die Aarde se oppervlak af verby die planeet beweeg het. Dit is deur die Asteroid Terrestrial-impact Last Alert System- (ATLAS)-opname by die Mauna Loa-sterrewag ontdek 15 uur voor sy naaste afstand aan die Aarde. Die Aarde het die asteroïed se baan versteur van 'n aardskerende Apollo-tipe wenelbaan na 'n Aten-tipe baan en so die voorwerp se heliosentriese wentelperiode verminder van 1,5 tot 0,86 jaar.

het nader aan die Aarde gekom as enige vorige bekende asteroïed, buiten dié wat meteore geword het. Met 'n geraamde absolute magnitude van 28,7 word se deursnee bepaal op sowat 5 tot 10 meter. As dit in die atmosfeer beland het, sou dit waarskynlik gedisintegreer het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Nabyaarde-asteroïede