Komeet Encke, of Encke se Komeet (amptelik 2P/Encke), is 'n periodieke komeet wat elke 3,3 jaar om die Son beweeg. Dit is die kortste periode van 'n redelik helder komeet; die dowwe hoofgordel-asteroïed 311P/PanSTARRS het 'n periode van 3,2 jaar. Encke is op 17 Januarie 1786 die eerste keer deur Pierre Méchain waargeneem, maar dit is eers in 1819 as 'n periodieke komeet erken nadat Johann Franz Encke sy wentelbaan bereken het. Nes Halley se Komeet, is die liggaam ongewoon omdat dit na die berekenaar van sy wentelbaan genoem is en nie na sy ontdekker nie. Nes die meeste ander komete het dit 'n baie lae albedo: net 4,6%. Die deursnee van die komeet is 4,8 km.
Wentelbaan Vanweë Encke se kort wentelperiode van drie jaar, word sy wentelbaan dikwels deur die binneplanete versteur. Dit is tans naby 'n baanresonansie van 7:2 met Jupiter, en dit is moontlik dat fragmente wat die komeet afwerp of deur 'n ander voorwerp losgemaak word, in die resonansie vasgevang is.
Encke se wentelbaan kom tot 0,173 AE (25,9 miljoen km) aan die Aarde. Op 4 Julie 1997 het dit 0,19 AE van die Aarde af verbybeweeg en op 29 Junie 2172 sal dit tot sowat 0,1735 AE aan die Aarde kom. Op 18 November 2013 is dit 0,02496 AE (3,734 miljoen km van Mercurius af by die planeet verby. Nabye afstande aan die Aarde word so elke 33 jaar bereik.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Nabyaardekomete