duimnael Graf Helmuth Johannes Ludwig von Moltke (25 Mei 1848 – 18 Junie 1916), ook bekend as Moltke die Jongere, was 'n Duitse generaal en Hoof van die Groot Duitse Generale Staf, 'n lid van die Huis van Moltke. Hy was ook die neef van Generaalveldmaarskalk Helmuth von Moltke die Ouere, wat algemeen "Moltke die Ouere" genoem word om die twee te onderskei.

Nadat hy die hoof van die Generale Staf geword het, het Moltke die Duitse Leër van 1 Januarie 1906 tot 14 September 1914 gelei gedurende die eerste maande van die Eerste Wêreldoorlog. Sy nalatenskap bly 'n saak van kontroversie, as gevolg van sy betrokkenheid by Duitsland se besluit om oorlog te voer en by die uitvoering van die inval in Frankryk en België wat gekulmineer het in die Eerste Slag van die Marne.

Bronnelys Craig, Gordon A. The politics of the Prussian army 1640-1945 (1955). Online free to borrow

Foley, Robert T. "Preparing the German Army for the First World War: The Operational Ideas of Alfred von Schlieffen and Helmuth von Moltke the Younger." War & Society 22.2 (2004): 1-25. online Fromkin. David. Europe's Last Summer: Who Started the Great War in 1914? (2005) Herwig, Holger H. The Marne, 1914: the opening of World War I and the battle that changed the world (2011).

Meyer, Thomas (Ed.). Helmuth von Moltke, Light for the new millennium: Rudolf Steiner's association with Helmuth and Eliza von Moltke: letters, documents and after-death communications. Rudolf Steiner Press, London, 1997. .

Tuchman, Barbara. The Guns of August, also published as August 1914, Macmillan Publishers, 1962. Zuber, Terence. Inventing the Schlieffen Plan: German War Planning, 1871–1914. Oxford University Press, 2002.

Helmuth Johannes Ludwig von Moltke: Erinnerungen, Briefe, Dokumente 1877-1916. Stuttgart 1922

Eksterne skakels

Kategorie:Duitse militariste Kategorie:Duitsers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Geboortes in 1848 Kategorie:Sterftes in 1916