Eriospermum glaciale is 'n knolagtige geofiet wat deel van die Asparagaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap naby Nieuwoudtville voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 800 km² en het reeds 75% van sy habitat afgestaan aan die verbouing van graan oor die afgelope 70 jaar. Die spesie is deel van die renosterveld.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

glaciale Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika