duimnael Erich Georg Sebastian Anton von Falkenhayn (11 September 1861 – 8 April 1922) was 'n Duitse generaal en Ottomaanse Veldmaarskalk wat as Pruisiese Minister van Oorlog en Hoof van die Duitse Generale Staf tydens die Eerste Wêreldoorlog gedien het. Falkenhayn het Generaal Helmuth von Moltke die Jongere in September 1914 vervang nadat sy inval in Frankryk tydens die Eerste Slag van die Marne gestaak is en is op sy beurt op 29 Augustus 1916 verwyder na die mislukking van sy offensiewe strategie in die weste tydens die Slag van Verdun, die opening van die Slag van die Somme, die Brusilov-offensief en die Roemeense toetrede tot die oorlog. Nadat hulle beplan het om die oorlog voor 1917 te wen, was die Duitse leër gereduseer om net hul posissies te handhaaf.

Falkenhayn is belangrike aanvoeder opdragte in Roemenië en Sirië gegee. As bevelvoerder in die Midde-Ooste het hy 'n beplande Ottomaanse deportasie van Jode uit Palestina voorkom. Sy reputasie as 'n oorlogsleier is in Duitsland tydens en na die oorlog aangeval, veral deur die faksie wat Veldmaarskalk Paul von Hindenburg ondersteun het. Falkenhayn het geglo dat Duitsland nie die oorlog met 'n beslissende veldslag kon wen nie, maar 'n kompromisvrede sou moes bereik; sy vyande het gesê dat hy nie die vasberadenheid gehad het wat nodig was om 'n beslissende oorwinning te behaal nie. Falkenhayn se verhouding met die Kanselier Theobald von Bethmann Hollweg was ontwrig en het Falkenhayn se planne ondermyn.

Bronnelys

Eksterne skakels

Kategorie:Duitse militariste Kategorie:Duitsers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Geboortes in 1861 Kategorie:Sterftes in 1922