Die Caledon-natuurreservaat is ‘n beskermde natuurgebied in die suidooste van die Vrystaat.

Ligging Die wildtuin lê by 29° 51′ 36″ suid, 26° 53′ 26″ oos, rondom die Welbedachtdam in die Caledonrivier. Dit is 30 km suidwes van Wepener, 50 km van Dewetsdorp en 120 km suidoos van Bloemfontein. Alhoewel die reservaat 3 700 ha groot is, kom wild slegs op 1 800 ha voor.

Fauna Dertien spesies wildsbokke en 200 voëlsoorte is al hier waargeneem. Dit is die tradisionele tuiste van die bontkwagga, en ander diere wat redelik sigbaar in die reservaat is, is die vaalribbok, swartwildebees, gemsbok, rooibok, blesbok, rooihartbees, springbok, rooikat en die visarend.

Sport en ontspanning Daar is ‘n kampeerterrein, voetslaanpaaie, roetes vir viertrekvoertuie en daar kan gehengel word in en geroei word op die dam.

Let wel Die reservaat moet nie verwar word met die Caledon-veldblomtuin by die dorp Caledon in die Wes-Kaap nie.

Bibliografie destea.gov.za/?page_id=5789 sa-venues.com/game-reserves/caledon.php showme.co.za/tourism/caledon-nature-reserve-motheo-free-state

Kategorie:Natuurreservate in Vrystaat