duimnael|Pacino in Serpico (1973) duimnael|Pacino en Penelope Allen in Dog Day Afternoon (1975)duimnael|Pacino in The Basic Training of Pavlo Hummel (1977) Al Pacino is 'n Amerikaanse verhoog- en rolprentakteur. Sy rolprentdebuut vind in 1969 plaas met die komediedrama Me, Natalie. Sy eerste hoofrol was in die 1971 dramarolprent The Panic in Needle Park. Die volgende jaar het hy die rol vertolk van Michael Corleone in die geniale misdaad-dramarolprent The Godfather. Hy sou weer die rol speel in die opvolgfilms hierop, The Godfather Part II (1974) en The Godfather Part III (1990). Vir sy rol in die 1973-rolprent, Serpico, waarin hy die rol vertolk het van Frank Serpico, wen hy die Golden Globe-toekenning vir beste akteur in 'n dramarolprent. In 1977 vertolk hy die rol van Bobby Deerfield in die gelyknamige rolprent. In 1983 vertolk hy die rol van Tony Montana in die meesterlike misdaad-dramarolprent Scarface, wat beskou word as een van die beste bendefilms ooit en as 'n kultusrolprent (sien ook: lys van kultusrolprente) beskou word.

In die 1990's het Pacino in verskeie rolprente verskyn soos Frankie and Johnny teenoor Michelle Pfeiffer (1991), Glengarry Glen Ross (1992; as Richard Roma), die meesterlike Scent of a Woman saam met Chris O'Donnell (1992), Carlito's Way saam met Sean Penn (1993), Heat saam met Robert De Niro (1995), die meesterlike Donnie Brasco saam met Johnny Depp (1997), The Devil's Advocate teenoor Keanu Reeves (1997) en Any Given Sunday saam met Cameron Diaz (1999). Vir sy rol in Scent of a Woman verower hy die Oscar vir Beste Akteur en sy tweede Golden Globe-toekenning vir beste akteur in 'n dramarolprent.

In die vroeë 2000's verskyn hy in Insomnia saam met wyle Robin Williams (2002), Simone saam met Catherine Keener (2002), die spanningsrolprent 88 Minutes (2007) en as Shylock in The Merchant of Venice (2004). In 2007 vertolk hy die rol van Willie Bank in Ocean's Thirteen, die derde rolprent van die Ocean's-reeks, en die laaste rolprent van die Ocean's-trilogie. Die volgende jaar verskyn hy in die aksiespanningsrolprent Righteous Kill, weer teenoor De Niro. In 2014 vertolk hy die rol van Simon Axler in The Humbling asook A.J. Manglehorn in Manglehorn. In 2015 speel hy Danny Collins teenoor Annette Bening in die gelyknamige komediedrama-rolprent, in wat slegs beskryf kan word as 'n spitsvondige, geniale en meesterlike rol. Die rolprent is geïnspireer deur die ware verhaal van die folk-sanger Steve Tilston. In 2019 speel hy 'n klein rol in Quentin Tarantino se meesterlike dramarolprent Once Upon a Time in Hollywood, hy vertolk ook die rol van Jimmy Hoffa in The Irishman, die vierde rolprent waarin hy en De Niro saamwerk. In 2021 vertolk hy die rol van Aldo Gucci in die biografiese misdaadsdramarolprent House of Gucci, geregisseer deur Ridley Scott.

Pacino se werk vir televisie sluit in HBO se 2003-minireeks Angels in America, waarin hy die rol vertolk van die Amerikaanse prokureur en staatsaanklaer Roy Cohn, sowel as die 2010-biografiese televisiefilm You Don't Know Jack, waarin hy die rol vertolk van die Amerikaanse patoloog en voorstander van genadedood, Dr. Jack Kevorkian. Vir beide rolle ontvang hy die Golden Globe-toekenning vir beste akteur in 'n minireeks of televisiefilm, wat dit respektiewelik sy derde en vierde Golden Globe-toekenning maak. Hy het ook gespeel in die sameswerings-stromingstelevisiedramareeks Hunters (2020–2023).

Rolprente Jaar Titel Rol Notas Verw. 1969 Me, Natalie Tony 1971 The Panic in Needle Park Bobby 1972 The Godfather Michael Corleone 1973 Scarecrow Francis Lionel "Lion" Delbuchi (saam met Gene Hackman as Max Millan) Serpico NYPD speurder Frank Serpico 1974 The Godfather Part II Michael Corleone 1975 Dog Day Afternoon Sonny Wortzik 1977 Bobby Deerfield Bobby Deerfield 1979 ...And Justice for All Arthur Kirkland 1980 Cruising Steve Burns 1982 Author! Author! Ivan Travalian 1983 Scarface Tony Montana 1985 Revolution Tom Dobb 1989 Sea of Love NYPD Speurder Frank Keller 1990 The Local Stigmatic Graham Dick Tracy Alphonse "Big Boy" Caprice The Godfather Part III Michael Corleone 1991 Frankie and Johnny Johnny 1992 Glengarry Glen Ross Richard "Ricky" Roma Scent of a Woman Frank Slade 1993 Carlito's Way Carlito "Charlie" Brigante 1995 Two Bits Grandpa Heat LAPD Luitenant Vincent Hanna 1996 City Hall John Pappas 1997 Donnie Brasco Benjamin "Lefty" Ruggiero The Devil's Advocate John Milton / Satan 1999 The Insider Lowell Bergman Any Given Sunday Tony D'Amato 2000 Chinese Coffee Harry Levine Ook vervaardiger 2002 Insomnia Will Dormer Simone Viktor Taransky People I Know Eli Wurman 2003 The Recruit Walter Burke Gigli Starkman 2004 The Merchant of Venice Shylock 2005 Two for the Money Walter Abrams 2007 88 Minutes Dr. Jack Gramm Ocean's Thirteen Willie Bank 2008 Righteous Kill Speurder David "Rooster" Fisk 2011 The Son of No One Speurder Charles Stanford Jack and Jill Homself 2012 Stand Up Guys Val2013 Salomé Herodes Antipas Ook regisseur en vervaardiger 2014 Manglehorn A.J. Manglehorn The Humbling Simon Axler Ook vervaardiger 2015 Danny Collins Danny Collins 2016 Misconduct Abrams 2017 The Pirates of Somalia Seymour Tolbin Hangman Speurder Ray Archer 2019 Once Upon a Time in Hollywood Marvin Schwarz The Irishman Jimmy Hoffa 2021 American Traitor: The Trial of Axis Sally James Laughlin House of Gucci Aldo Gucci 2023 Knox Goes Away Xavier 2024 Modì, Three Days on the Wing of Madness Maurice Gangnat Ook vervaardiger 2025 The Ritual Vader Theophilus Riesinger Billy Knight Billy Knight Na-vervaardiging In the Hand of Dante Killing Castro Easy's Waltz | | style="text-align:center;"| |- | Lear Rex| Rey Lear | style="text-align:center;"| |- | Dead Man's Wire| | style="text-align:center;"| |- | Maserati: The Brothers'' Verfilming vind tans plaas

Dokumentêre rolprente 180px|duimnael|Pacino by JDIFF 2012 vir Wilde Salomé Jaar Titel Rol Notas Verw. 1991 Madonna: Truth or Dare Homself 1996 Looking for Richard Homself / Richard III van Engeland Also director, writer and producer 1997 Pitch Homself 2001 America: A Tribute to Heroes 2009 I Knew It Was You 2011 Wilde Salomé Homself / Herodes Antipas / Oscar Wilde Ook regisseur en skrywer 2012 Casting By Homself

Televisie Jaar Titel Rol Notss Verw. 1968 N.Y.P.D. John James Episode: "Deadly Circle of Violence" 2003 Angels in America Roy Cohn 6 episodes 2010 You Don't Know Jack Dr. Jack Kevorkian Televisiefilm 2013 Phil Spector Phil Spector 2018 Paterno Joe Paterno 2020–2023 Hunters Meyer Offerman 18 episodes

Toneelstukke Jaar Titel Rol Teater Notas Verw. 1967 America, Hurrah2de onderhoudvoerder, HalCharles Playhouse Awake and Sing!Ralph BergerCharles Playhouse 1968 The Indian Wants the Bronx Murph Astor Place Theatre 1969 Does a Tiger Wear a Necktie? Bickham Belasco Theatre The Local Stigmatic Graham Actors Playhouse 1970 Camino Real Kilroy Vivian Beaumont Theatre1972The Basic Training of Pavlo HummelPavlo HummelOpen Circle Theater1973 Richard III Richard III van Engeland Loeb Theater1975The Resistible Rise of Arturo UiArturo UiCharles Playhouse1977 The Basic Training of Pavlo Hummel Pavlo Hummel Longacre Theatre1979 Richard III Richard III van Engeland Cort Theatre 1980American BuffaloWalter "Teach" Cole Long Wharf Theatre 1981–1982 Circle in the Square Downtown 1983–1984 Booth Theatre 1984 Duke of York's Theatre 1988 National Anthems The Neighbor Long Wharf Theatre Julius Caesar Marcus Antonius The Public Theater 1992 Chinese Coffee Harry Levine Circle in the Square Theatre Salome Herodes Antipas Circle in the Square Theatre 1996HughieErie Smith Long Wharf TheatreOok vervaardiger Circle in the Square Theatre 1999 Mark Taper Forum 2002 The Resistible Rise of Arturo Ui Arturo Ui National Actors Theatre 2003 SalomeHerodus Antipas Ethel Barrymore Theatre 2005 Orphans Harold Greenway Court Theatre 2006 SalomeHerodus Antipas Wadsworth Theatre 2010–2011 The Merchant of Venice Shylock Broadhurst Theatre 2012–2013 Glengarry Glen Ross Sheldon "Shelley" Levene Gerald Schoenfeld Theatre 2015–2016 China Doll Mickey Ross Gerald Schoenfeld Theatre 2017 God Looked Away Tennessee Williams Pasadena Playhouse

Videospeletjies Jaar Titel Rol Notss 2006 Scarface: The World is Yours Tony Montana Gelykenis (ook videogrepe uit die film)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Akteurs