Sokkerklub Zenit (Russies: Футбольный клуб «Зенит», geromaniseer: Foetbolny klub "Zenit"), ook bekend as Zenit Sint Petersburg, is ’n Russiese professionele sokkerklub gebaseer in Sint Petersburg. Die klub is in 1925 gestig (of in 1914, volgens sommige Russiese bronne) en speel in die Russiese Premierliga.
Zenit het die ligaseisoene van 2007, 2010, 2011–12, 2014–15, 2018–19, 2019–20, 2020–21, 2021–22, 2022–23, en 2023–24 gewen, asook die UEFA-beker van 2007–08 en die UEFA Superbeker van 2008. Die klub word besit en geborg deur die staatsbeheerde energie-maatskappy Gazprom. Die span speel sedert 2017 sy tuiswedstryde by die Gazprom Arena, ook bekend as die Krestovsky Stadion. Voorheen het die span by die Petrovsky Stadion gespeel.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Sint Petersburg Kategorie:Russiese sokkerklubs