duimnael|Jimmy Swaggart in 2012. Jimmy Lee Swaggart (/ˈswæɡərt/; 15 Maart 1935 – 1 Julie 2025) was 'n Amerikaanse Pinkster-televangelis en gospelmusiekkunstenaar.
Swaggart was een van die bekendste televangeliste in Amerika. Gedurende die 1980's was sy “kruistogte” 'n belangrike deel van sy bediening – hy het groot skares gelok en aansienlike media-aandag ontvang.
Swaggart het baie kruistogte in Argentinië, Kanada, Chili, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras, Jamaika, Liberië, Nicaragua, Panama, Paraguay, Peru, Rusland en Suid-Afrika gehou.
Swaggert het Jimmy Swaggart Ministries gestig, wat die SonLife Broadcasting Network (SBN) besit en bedryf. Hy het ook die Jimmy Swaggart Bible College gestig.
Swaggart was die senior pastoor van die Family Worship Center in Baton Rouge, Louisiana.
Swaggart het ongeveer 50 Christelike boeke geskryf wat deur sy bediening aangebied is. Hy het meer as 15 miljoen plate wêreldwyd as gospelkunstenaar verkoop en hy het ook een Grammy-toekenningsnominasie ontvang.
Verwysings
Kategorie:Christendom Kategorie:Televisie