duimnael|Film The Red Man's View (ook genoem The Redman's View) is 'n Amerikaanse stilfilm uit 1909. Die film is geregisseer deur D. W. Griffith.The Red Man’s ViewDean W. Duncan. Stories of Childhood: Evolving Portrayals in Books and Films Dit is verfilm in die staat New York. Afdrukke van die film bestaan in die filmargiewe van die Museum van Moderne Kuns en die Biblioteek van die VSA-kongres. Volgens die New York Dramatic Mirror gaan die film oor "die hulpelose Indiese ras soos dit gedwing is om terug te trek voor die oprukkende witmense, en as sodanig is dit vol poëtiese sentiment".Thomas Cripps, Hollywood's High Noon: Moviemaking and Society Before Television, JHU Press, 1997, bl. 27 In sy 2003-publikasie The Invention of the Western Film: A Cultural History of the Genre's First Half Century, merk filmhistorikus Scott Simon op dat "die film se titel uitwerk om The Red Man's Point of View te beteken, en ten spyte van al die film se probleme om drama uit 'n lang, passiewe mars te maak, is daar niks soos The Red Man's View in Hollywood tot John Ford se Cheyenne Autumn meer as vyftig jaar later nie".Simon, Scott. The Invention of the Western Film: A Cultural History of the Genre's First Half Century. Cambridge University Press, 2003, bl. 55-56.
'n Herverwerking met Daniel Baldwin, Saginaw Grant, Booboo Stewart, Elaine Miles, Michael Spears en Crystal Lightning in die hoofrolle was geskeduleer om in 2017 vrygestel te word.
Hoofrolspelers Owen Moore Lottie Pickford - Minnewanna Kate Bruce Charles Craig Frank Evans
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Stilrolprente