Die Klavierkonsert no. 1 in D-mineur, op. 15, is 'n komposisie vir klavier en orkes wat Johannes Brahms in 1858 voltooi het. Die komponis het die werk die volgende jaar in Hannover gepremière.Ewen, D. 2007. Music for the millions. Redditch: Read Books, bl. 108. Dit was sy eerste uitgevoerde orkeswerk, en (toe dit vir die derde keer uitgevoer is) sy eerste orkeswerk wat die gehoor se goedkeuring weggedra het. duimnael|602x602px|Die eerste bladsy uit die outograafpartituur|senter

Vorm Dié konsert is gekomponeer in die tradisionele drie bewegings en is neem tussen 40 en 50 minute lank om uitgevoer te word.

Eerste beweging: Maestoso (in D-mineur) – ongeveer 20 minute

Die eerste beweging is in sonatevorm en in vyf dele verdeel:

Inleiding Eksposisie Ontwikkleing Rekapitulasie Koda

Die beweging is groots en duur tussen 20 en 25 minute lank. Hoewel daar geen cadenza is nie, het sy strenge navolging van die vorms van die Klassieke Periode aan Brahms 'n reputasie van "musikale konserwatisme" gegee, hoewel die innoverende harmonieë en akkoordprogressies allermins klassiek is. Die tema steun swaar op arpeggio-akkoorde en trille. Meer temas word binne die inleiding bekendgestel, en dié tematiese materiaal word verder deur sowel die pianis as orkes ontwikkel. senter|duimnael|657x657px|Die tema van die eerste beweging

Tweede beweging: Adagio (D-majeur) – ongeveer 13 minute

Die tweede beweging is in ternêre vorm. Die strykers speel die tema en word deur die fagotte ondersteun. senter|duimnael|659x659px|Die tema van die tweede beweging

Derde beweging: Rondo: Allegro ma non troppo (D-mineur – D-majeur) – ongeveer 11 minute

Die struktuur van die rondo-finale is soortgelyk aan dié van Beethoven se Klavierkonsert no. 3. Drie temas kom in die rondo voor. Die tweede tema kan beskou word as 'n sterker weergawe van die eerste tema. Die derde tema word in die episode bekendgestel, maar word nooit eksplisiet deur die pianis ontwikkel nie; pleks daarvan word die pianis in die orkestrale effek geïntegreer. 'n Cadenza volg op die grootste gedeelte van die rondo, met 'n uitgebreide koda wat die eerste en daarna die derde tema ontwikkel. Die koda is in die parallêle majeur, naamlik D-majeur. senter|duimnael|666x666px|Die tema van die derde beweging

Instrumentasie Die werk is gekomponeer vir 2 fluite, 2 hobo's, 2 klarinette (B-mol en A), 2 fagotte, 4 horings (aanvanklik 2 in D, 2 in B-mol-bas), 2 trompette (in D), keteltrom (in D en A), klavier en strykers.

Oorsig

Die rol van Joachim en Clara Schumann Brahms was self 'n professionele pianis, en hy het die bekendste violis van die tyd, Joseph Joachim, só diep beïndruk dat Joachim vir hom 'n bekendstellingsbrief vir Robert Schumann gegee het. Brahms en Joachim het lewenslange vriende geword. In 1853 het Brahms van sy eie soloklavierstukke aan Schumann en sy vrou Clara gespeel. Albei het die grootste bewondering daarvoor gehad – en dit was 'n keerpunt in Brahms se loopbaan. Clara was 'n vooraanstaande konsertpianis en komponis. Sy en Brahms het 'n lewenslange vriendskap begin, wat belangriker geword het nadat Robert in 1854 in 'n inrigting opgeneem en in 1856 oorlede is. Clara was 14 jaar ouer as Brahms, en in 1854 het sy in haar dagboek van hom geskryf: "Ek het hom lief soos 'n seun."Sien Litzmann, bl. 94 Brahms se liefde vir haar was respekvol, maar meer kompleks en teenstrydig. Hy het haar menings en advies egter baie hoog geag.

Komposisie Tydens die komponering daarvan het die werk verskillende vorme aangeneem. In 1854 het dit as 'n sonate vir twee klaviere begin. Teen 27 Julie van dieselfde jaar is dit in 'n simfonie met vier bewegings onskep.Sien Brahms& Avins, bl. 50, nota 44. Brahms het by sy goeie vriend Julius Otto Grimm om raad aangeklop. Brahms was gewoond daaraan om sy orkestrasies aan Grimm te wys, wat weens sy konservatoriumopleiding beter in orkestrasie onderlê is. Nadat hy sommige van Grimm se voorstelle aangebring het, het Brahms die georkestreerde eerste beweging na Joachim gestuur. Dit is duidelik dat Joachim daarvan gehou het – Brahms het op 12 September 1854 aan hom geskryf: "Soos gewoonlik het jy my simfoniebeweging deur 'n rooskleurige bril beskou. Ek wil dit uiteraard verander en verbeter; daar is nog baie wat in die komposisie ontbreek, en ek verstaan nie eers soveel van die orkestrasie soos dit in die beweging blyk nie, aangesien ek die beste daarvan aan Grimm verskuldig is."Sien Brahms & Avins, bl. 61.

Teen Januarie 1855 het Brahms die tweede en derde bewegings vir klavier gekomponeer.Sien Brahms & Avins, bl. 85 Hy het teen hierdie tyd (1855–1865) besluit om die werk as 'n klavierkonsert (sy gunstelinginstrument) te komponeer, terwyl hy steeds vriende oor die orkestrasie geraadpleeg het. Avins skryf dat daar in al die legio volumes korrespondensie van en aan Brahms weinig is wat regtig kan kers vashou by die briewe wat hy en Joachim oor sy eerste klavierkonsert geskryf het nie (daar is meer as twintig van hulle). Joachim se antwoorde is lank, gedetailleerd, bedagsaam en vaardig, en dit is buitengewone getuigskrifte van sy eie talent, asook van die ontsag en bewondering wat hy vir sy vriend gehad het.Sien Brahms & Avins, bl. 146–147. Brahms het slegs die oorspronklike materiaal van die werk se eerste beweging (in simfonievorm) behou. Die oorblywende drie bewegings is verwerp en twee nuwe bewegings gekomponeer: 'n tweede adagio-beweging (wat Hans Gál "kalm en droomagtig" genoem het), en 'n derde rondo-beweging (waarin Gál "gesonde, uitbundige kreatiwiteit" gehoor het).Sien Gál, bl. 114–117. Die resultaat was 'n werk in die meer konvensionele driedelige konsertstruktuur. So laat as vroeg-Februarie 1858 het Joachim die manuskrip "heeltemal hersien" aan Brahms teruggestuur in die hoop dat Brahms van die hergeorkestreerde gedeeltes sou hou.Sien Brahms & Avins, bl. 164.

Weergawes vir twee klaviere Brahms het ook 'n transkripsie vir twee klaviere geskryf, wat in wese die oorspronklike partituur voor die orkestrering daarvan was. In 1853 het Robert Schumann 'n vleuelklavier vir Clara gekoop sodat die huishouding twee klaviere kon hê.Sien Litzmann, bl. 39. In September 1856 het Brahms die eerste beweging van sy nuwe klavierkonsert in 'n partituur vir twee klaviere aan Clara gestuur. Op 1 Oktober 1856 het sy in haar dagboek geskryf dat Brahms 'n uitstekende eerste beweging vir 'n klavierkonsert gekomponeer het, en dat sy verheug is oor die grootsheid van konsepsie en die teerheid van die melodieë.Sien Litzmann, bl. 146. Later, op 18 Oktober, het sy geskryf dat Brahms die klavierkonsert voltooi het, en dat sy en Robert dit verskeie kere op twee klaviere gespeel het.Sien Litzmann, bl. 147.

In 1862 het Rieter-Biedermann, die uitgewer van die klavierkonsert, versoek dat Brahms 'n klavierverwerking vir vier hande moes skryf. Uitgewers het van klavierverwerkings vir vier hande gehou, want kliënte wat slegs een klavier besit het, het dit opgeslurp. Brahms het aanvanklik egter geweier en gesê dat dit nie vir hom "prakties" sou wees nie.Sien Brahms & Avins, bl. 245. Twee jaar later het Brahms besluit dat hy die geld nodig het wat hy daarvoor sou kry, en daarom het hy die transkripsie aan Rieter-Bierdermann voorsien.Piano Concerto No. 1 in D Major; The Composer's Original Arrangement for Piano Four Hands, deur Brahms, herdruk van die 1864-uitgawe.Sien Brahms & Avins, bl. 288. senter|duimnael|660x660px|Die eerste bladsy van die verwerking vir vier hande in die komponis se eie handskrif (openbare domein; bron: IMSLP)

Vroeë uitvoerings Clara het in Maart 1858, nege maande voor die première daar, 'n repetisie van die klavierkonsert in Hannover gehoor en aan 'n vriend geskryf dat dit baie goed gegaan het en dat byna alles klink pragtig klink – sommige dele selfs veel mooier as wat Brahms homself sou kon voorstel.Sien Litzmann, bl. 159. Die konsert is die eerste keer op 22 Januarie 1859 in Hannover, Duitsland, uitgevoer toe Brahms slegs 25 jaar oud was.Swafford, J. 1997. Johannes Brahms: A biography. New York: Alfred A. Knopf., bl. 188. Die gehoor het dit egter kil ontvang.Sien Brahms & Avins, bl. 187. Die tweede uitvoering, vyf dae later, was in Leipzig.Swafford, J. 1997. Johannes Brahms: A biography. New York: Alfred A. Knopf., bl. 189. Die Leipzigse Gewandhaus-orkes was een van die toonaangewende orkes in Duitsland. Die konsertmeester, Ferdinand David, het Brahms genooi om sy konsert daar te kom uitvoer.Sien Brahms & Avins, bl. 180. Dieselfde orkes het Beethoven se Klavierkonsert no. 5 (die "Keiser") in 1811 gepremière. Felix Mendelssohn het die Gewandhaus van 1835 tot met sy dood in 1847 gedirigeer. Gedurende sy ampstermyn het die orkes Schubert se Simfonie no. 9 gepremière. Dit was ná Schubert se dood; Robert Schumann het op 'n manuskrip in Wene afgekom en 'n kopie aan Mendelssohn gegee. Die orkes het ook Mendelssohn se eie Simfonie nr. 3 (die "Skotse simfonie") gepremière, asook sy vioolkonsert. Dit lyk egter asof standaarde in Leipzig ná Mendelssohn se dood gedaal het.Campbell, M. 1981. The great violinists. Doubleday, Garden City, NY, bl. 76. Tog het die Gewandhaus 'n hoogs gesogte orkes gebly. Brahms, wat as klaviersolis opgetree het, het twee repetisies in Leipzig saam met die orkes gehad. Hy het gedink dat hy die konsert aansienlik beter as in Hannover gespeel het, en dat die orkes uitstekend was, maar aan die einde het slegs 'n paar mense in die gehoor probeer handeklap – en selfs hulle is gou deur 'n gesis oorweldig. Die konsert het slegs een bemoedigende resensie gehad in die Neue Zeitschrift für Musik, Robert Schumann se voormalige tydskrif; dit is skerp deur ander kritici veroordeel.Sien Brahms & Avins, bl. 190. Brahms het aan Joachim geskryf: "Ek eksperimenteer net en voel my pad." Hy het hartseer bygevoeg: "Tog was die gesis nogal te veel."

Die derde uitvoering was op 24 Maart 1859 in 'n konsert met die Hamburg Filharmoniese Orkes, waartydens Joachim en die voorste bariton, Julius Stockhausen, ook opgetree het. Die konsert was 'n groot sukses. Elk van die drie voorste kunstenaars is vir meer applous teruggeroep. Brahms het aan Clara geskryf dat Joachim (moontlik as konsertmeester) die klavierkonsert gerepeteer en dit uitstekend gespeel het. Heller het 'n uiters lofwaardige resensie geskryf.

Brahms het die klavierkonsert hersien (hoewel veel minder ingrypend as die vorge kere) en in Augustus 1859 die hersiene manuskrip aan Clara gestuur, wat geantwoord het dat sy ure se vreugde daaruit geput het.Sien Litzmann, bl. 172–173. In September het sy geskryf dat die adagio uitmuntend en pragtig is. Sy het gesê dat die eerste beweging haar groot plesier verskaf het, hoewel sy nie van sommige dinge daarin gehou het nie (wat sy voorheen gekritiseer het, maar wat Brahms nietemin nie verander het nie). Die vierde uitvoering van die konsert (en die eerste van die nuwe weergawe) was met die Hamburg Filharmoniese Orkes onder leiding van George Dietrich Otten, maar dit was nie 'n sukses nie.Sien Brahms & Avins, bl. 217, 222–223. Avins blameer Otten hieroor.

Nog 'n uitvoering het op 3 Desember 1861 plaasgevind, weer met die Hamburg Filharmoniese Orkes. Hierdie keer was Brahms die dirigent en Clara die pianis. Sy het in haar dagboek geskryf dat, hoewel sy die werk geniet het en die vreugde daarvan haar oorweldig het, die publiek dit nie begryp nie en niks gevoel het nie, anders "moes hulle behoorlike respek daarvoor getoon het."Sien Litzmann, bl. 200–201. Teen daardie tyd was die konsert al vyf keer uitgevoer, maar slegs een keer suksesvol. Brahms en Clara het die konsert albei vir 'n paar jaar opsy gesit.

Publikasie