duimnael|upright=1.2|Duvall tydens die premiére van The Road in September 2009

Die Amerikaanse akteur, regisseur en rolprentvervaardiger Robert Duvall (1931 - 2026) het sedert sy eerste verskyning in 'n episode van Armstrong Circle Theatre in 1959 'n uitgebreide en omvattende loopbaan in die rolprent- en televisie industrieë opgebou. Sy werk in televisierolle gedurende die 1960's sluit in: Route 66 (1961), Alfred Hitchcock Presents (1962), The Twilight Zone (1963), The Outer Limits (1964), The F.B.I. (1965–1969) en The Mod Squad (1969). Hierna het hy die rol vertolk van generaal Dwight D. Eisenhower in die 1979-minireeks Ike. In 1989 het hy die rol vertolk van Augustus "Gus" McCrae saam met Tommy Lee Jones in die epieseEpiese rolprente is gewoonlik skouspelagtige, grootskaalse projekte met 'n omvangryke en allesomvattende tema. Die begrip is nietemin dubbelsinnig, en verwys soms na 'n tipe rolprentgenre en ander kere bloot na rolprente met aansienlike begrotings. Soos eposse in die klassieke literêre sin, wentel dit dikwels om 'n heldhaftige karakter. Die ambisieuse aard van epiese rolprente dra daartoe by om dit te onderskei van ander genres soos die periode- of avontuurfilm. Epiese historiese rolprente sal gewoonlik 'n historiese of 'n mitiese gebeurtenis neem en buitensporige dekor of omgewing, weelderige kostuums en 'n uitgebreide klankbaan en groot rolverdeling byvoeg, wat dit uiters duur maak om te vervaardig. Die mees algemene onderwerpe van epiese films is koninklikes en gesaghebbende figure uit verskeie tydperke in die wêreldgeskiedenis. WesternWestern is 'n fiksiegenre wat tipies in die Amerikaanse grensgebiede (algemeen na verwys as die "Ou Weste" of die "Wilde Weste") afspeel in die tydperk tussen die Kaliforniese Goudstormloop van 1849 en die sluiting van die grens in 1890. Dit word algemeen geassosieer met volksverhale van die Wes-Verenigde State, veral die Suidwes-Verenigde State, sowel as Noord-Meksiko. Die grensgebiede word dikwels uitgebeeld as ylbevolkte en vyandige streke wat bewoon word deur cowboys, ongewenste persone en talle ander ongure karakters. Westerns wentel dikwels rondom pogings om dié wettelose grensgebied te tem, en omvat wyer temas soos geregtigheid, vryheid, ruwe individualisme, die treurige en wanhopige maar vasberade lotsgevalle van die moedige inwoners van die gebiede en die nasionale geskiedenis en identiteit van die Verenigde State. Indiane of Rooihuide word dikwels as vyandig en wreed uitgebeeld. Die genre het sy oorsprong in die vaquero-erfenis en Westerse fiksie, en was verantwoordelik vir die popularisering van die Cowboy-kultuur en -leefstyl, country-Westerse musiek en Cowboy-geïspireerde klere. Deur die geskiedenis van die genre het dit herlewings beleef, en dit is ook in verskeie subgenres opgeneem. avontuur-minireeks Lonesome Dove. Die rol het aan hom 'n Golden Globe besorg vir Beste Akteur – Minireeks of Televisiefilm. Drie jaar later het hy die rol vertolk van die Georgiese en Sowjetse Kommunistiese leier, Josef Stalin in die televisiefilm Stalin (1992), wat 'n verdere Golden Globe aan hom besorg het in die kategorie Beste Akteur in 'n Televisiefilm.

Duvall se eerste rolprentrol was die van Boo Radley in the 1962-rolprent To Kill a Mockingbird saam met Gregory Peck. Ander rolprente uit die 1960's sluit in Bullitt, met Steve McQueen (1968) en True Grit saam met John Wayne (1969). In die 1970's het hy die rol vertolk van Majoor Frank Burns in M*A*S*H (1970), Tom Hagen in The Godfather (1972) en The Godfather Part II (1974), Jesse James in The Great Northfield Minnesota Raid (1972), Dr. Watson in The Seven-Per-Cent Solution (1976), Bull Meechum in The Great Santini (1979) en laastens Luitenant-kolonel Bill Kilgore in Apocalypse Now (1979).

In 1983 het Duvall die rol vertolk van Mac Sledge in die dramarolprent Tender Mercies, wat aan hom 'n Oscar en Golden Globe vir Beste Akteur besorg het. Hierna het hy verskyn in The Natural saam met Robert Redford (1984), Days of Thunder saam met Tom Cruise (1990), Joseph Pulitzer in Newsiessaam met Christian Bale (1992), Falling Down saam met Michael Douglas (1993), Something to Talk About saam met Julia Roberts (1995), Sling Blade saam met Billy Bob Thornton (1996), A Family Thing saam met James Earl Jones (1996), Phenomenon saam met John Travolta (1996) en Deep Impact saam met Téa Leoni (1998). Vir sy vertolking in die 1998-rolprent A Civil Action, weereens saam met Travolta, wen hy die Screen Actors Guild-toekenning vir Uitmuntende Vertolking deur 'n Manlike Akteur in 'n Ondersteunende Rol.

In the 2000's het Duvall noemenswaardige rolle vertolk in die rolprente Gone in 60 Seconds saam met Nicolas Cage (2000), Secondhand Lions saam met Michael Caine (2003), Open Range saam met Kevin Costner (2003) en in die komedierolprent Four Christmases saam met Vince Vaughn (2008). Hy het 'n rol vertolk in die 2006-Western-minireeks, Broken Trail, en was ook 'n uitvoerende vervaardiger. Hiervoor wen hy twee Emmy Awards, een in die kategorie Uitstaande Hoofakteur In 'n Minireeks of Rolprent, en een in die kategorie Uitmuntende Minireeks, wat hy gedeel het saam met die ander vervaardigers. In 2012 verskyn hy na 22 jaar weer saam met Tom Cruise in die aksierillerfilm Jack Reacher, waarin hy die rol van Cash vertolk. In 2014 verskyn hy saam met Robert Downey Jr. in die regsdrama-rolprent The Judge, waarin hy die rol vertolk van Regter Joseph Palmer, die vader van Downey se karakter.

Verskynings Rolprent duimnael|upright|Saam met sy destydse vrou Gail Youngs in Maart 1984 duimnael|upright|Duvall saam met Diane Lane in September 1989 upright|duimnael|Duvall in Mei 2007

+ Jaar Titel Rol Opmerkings Verwysings 1962 To Kill a Mockingbird Boo Radley 1963 Captain Newman, M.D. Kaptein Paul Cabot Winston 1965 Nightmare in the Sun Motorfietsryer 1966 The Chase Edwin Stewart 1967 Countdown Charles "Chiz" Stewart 1968 The Detective Nestor Bullitt Weissberg 1969 True Grit Ned Pepper The Rain People Gordon 1970 M*A*S*H Majoor Frank Burns The Revolutionary Despard 1971 THX 1138 THX Lawman Vernon Adams 1972 The Godfather Tom Hagen The Great Northfield, Minnesota Raid Jesse James Tomorrow Jackson Fentry Joe Kidd Frank Harlan 1973 The Outfit Earl Macklin Badge 373 Eddie Ryan Lady Ice Ford Pierce 1974 The Conversation The Director Nie-erkende rol The Godfather Part II Tom Hagen 1975 The Killer Elite George Hansen Breakout Jay Wagner 1976 The Eagle Has Landed Kolonel Radl The Seven-Per-Cent Solution Dr. John H. Watson Network Frank Hackett 1977 The Greatest Bill McDonald We're Not the Jet Set N.V.T. Slegs regisseur; dokumentêr 1978 Invasion of the Body Snatchers Priest on Swing Nie-erkende rol The Betsy Loren Hardeman III 1979 Apocalypse Now Luitenant-kolonel Bill Kilgore The Great Santini Bull Meechum 1981 True Confessions Speurder Tom Spellacy The Pursuit of D.B. Cooper Gruen 1983 Tender Mercies Mac Sledge Ook mede-vervaardiger Angelo My Love N.V.T. Slegs regisseur en vervaardiger 1984 The Stone Boy Joe Hillerman The Natural Max Mercy 1986 Let's Get Harry Norman Shrike Belizaire the Cajun The Preacher The Lightship Calvin Caspary 1987 Hotel Colonial Roberto Carrasco 1988 Colors Bob Hodges 1990 A Show of Force Howard Days of Thunder Harry Hogge The Handmaid's Tale Kommandeur 1991 Rambling Rose Daddy Convicts Soll Gautier 1992 Newsies Joseph Pulitzer The Plague Joseph Grand 1993 Falling Down Prendergast Wrestling Ernest Hemingway Walter Geronimo: An American Legend Al Sieber 1994 The Paper Bernie White 1995 Something to Talk About Wyly King The Stars Fell on Henrietta Mnr. Cox The Scarlet Letter Roger Chillingworth 1996 Sling Blade Karl se vader A Family Thing Earl Pilcher Jnr. Ook vervaardiger Phenomenon Doc 1997 The Apostle The Apostle E.F. Ook uitvoerende vervaardiger, draaiboekskrywer en regisseur 1998 The Gingerbread Man Dixon Doss A Civil Action Jerome Facher Deep Impact Spurgeon Tanner 2000 Gone in 60 Seconds Otto Halliwell The 6th Day Dr. Griffin Weir A Shot at Glory Gordon McLeod Ook vervaardiger 2002 John Q. Luitenant Frank Grimes Assassination Tango John J. Ook vervaardiger, draaiboekskrywer en regisseur 2003 Gods and Generals Generaal Robert E. Lee Secondhand Lions Hub Open Range Boss Spearman 2005 Kicking & Screaming Buck Weston Thank You for Smoking Kaptein 2007 Lucky You L.C. Cheever We Own the Night Burt Grusinsky 2008 Four Christmases Howard 2009 Crazy Heart Wayne Ook vervaardiger The Road Ou man Get Low Felix Bush Ook uitvoerende vervaardiger 2011 Seven Days in Utopia Johnny Crawford 2012 Jayne Mansfield's Car Jim Caldwell Casting ByHomselfDokumentêr Jack Reacher Cash 2014 A Night in Old Mexico Red The Judge Regter Joseph Palmer 2015 Wild Horses Scott Briggs Ook draaiboekskryer en regisseur 2016 In Dubious Battle Bolton 2018 Widows Tom Mulligan 2021 12 Mighty Orphans Mason Hawk 2022 Hustle Rex Merrick The Pale Blue Eye Jean-Pepe

Televisie