Die Spaanse nasionale vrouerugbyspan (Spaans: Selección femenina de rugby de España) is die nasionale vrouerugbyspan wat Spanje in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam is Las Leonas (“die leeuinne”). Rugby word in Spanje geadministreer deur die Spaanse Rugbyfederasie (Federación Española de Rugby, FER) wat in 1923 gestig is. Die Spaanse vrouerugbyspan is tans (September 2025) 14de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Spanje het in 1989 sy eerste toetswedstryd teen Frankryk gespeel. Spanje se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Spanje het tot dusver vir sewe van die tien toernooie gekwalifiseer en tydens die 1991-toernooi met die sesde plek sy beste prestasie behaal. Hulle het tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap twaalf titels ingepalm. Die Spaanse span speel tradisioneel in rooi truie met blou broeke en rooi sokkies.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Spanje is die Spaanse Rugbyfederasie (Federación Española de Rugby, FER). Die FER is in 1923 gestig en het in 1988 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was die Spaanse Rugbyfederasie in 1934 ’n stigtingslid van die Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa).

Geskiedenis Beginjare (1989–2000) Die eerste vrouerugbyspanne is in Spanje in die laat 1970’s gestig, aanvanklik veral in Madrid en Barcelona, waar onderskeidelik CD Arquitectura en INEF Barcelona baanbrekerswerk verrig het. Die nasionale vrouespan se eerste amptelike toetswedstryd was egter eers op 2 Mei 1989, toe die Spanjaarde in Boé, Frankryk die Franse span ontmoet het, die gasvroue het dié ontmoeting met 28–0 gewen. Die Iberiërs het reeds aan die eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 in Wallis deelgeneem en in die sesde plek geëindig. Drie jaar later moes die Spanjaarde om finansiële redes net voor die afskop van die Vrouerugbywêreldbeker 1991 hulleself onttrek. Tydens die eerste deur die vastelandse beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) erkende Europese Vrouerugbykampioenskap het hulle, ná oorwinnings oor Italië en Frankryk verrassend met die titel weggestap. In 1998 het Spanje weer aan die vrouerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en die sewende plek behaal.

Deelname aan die Vyfnasies (2000–2006) In 2000 is die nasionale span, weens sy goeie uitslae tydens Europese en wêreldbekertoernooie as vyfde span in die Vyfnasies-vrouetoernooi, die Sesnasies-toernooi se eweknie, opgeneem, waar hulle Ierland vervang het. Reeds in die eerste toernooi het hulle Skotland en Wallis geklop en die toernooi in die derde plek afgesluit, ’ prestasie wat hulle die daaropvolgende jaar kon herhaal. Die Vrouerugbywêreldbeker 2002, wat in Barcelona beslis is, het die span in die agtste plek afgesluit en een jaar later het hulle, weer ná oorwinnings oor Italië en Frankryk, hul tweede Europese titel ingepalm. In 2006 het Spanje aan sy vierde vrouerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem deelgeneem, maar dié keer het hulle ná nederlae teen Skotland en die gasvroue Kanada asook oorwinnings oor Kasakstan en Samoa, slegs die negende plek beklee.

Uitsluiting uit die Sesnasies (sedert 2007) duimnael|Spanje tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014-kwalifisering duimnael|Spanje tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2021-kwalifisering Van die 2007-seisoen af is Spanje uit die Sesnasies-vrouetoernooi uitgesluit. Die organiseerders het aangevoer, dat die toernooi se deelnemende spanne aan dié van die mans aangepas sou word, waarvolgens Spanje met Italië vervang is, hoewel die Iberiërs destyds al hul vyf amptelike ontmoetings teen die Italianers gewen het. Vervolgens het die span se prestasies agteruitgegaan, tussen 2007 en 2009 het Spanje nie meer die eindstryd van ’n Europese Vrouerugbykampioenskap gehaal nie en hulle het vir die eerste keer ook tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2010-kwalifisering misluk. Eers tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 2010 was die span weer suksesvol. Nadat hulle in die groepfase Frankryk kon klop, het die nasionale span die eindstryd gehaal, waar hulle teen die Italianers te staan gekom het, wat sedert die verandering in die Sesnasies-vrouetoernooi se skedule “aartsvyande” was. Spanje het die eindstryd met 31–13 gewen, sy derde Europese titel ingepalm en sy agste oorwinning in agt toetswedstryde teen die Azurre aangeteken.

Tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014-kwalifisering het die Spanjaarde Swede met 55–0 en Nederland met 78–0 verneder asook in die beslissende wedstryd Italië met 38–7 geklop en sodoende vir die toernooi gekwalifiseer. Tydens dié toernooi is hulle in die groepfase deur Engeland en Kanada geklop, terwyl hulle Samoa kon verslaan. In die daaropvolgende uitspeelwedstryde het die Spanjaarde ná maklike oorwinnings oor Kasakstan en Suid-Afrika die negende plek bereik.

Tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 2016 het die Iberiërs met 76–0 oor België en met 97–0 oor Tsjeggië geseëvier en die eindstryd gehaal. In die eindstryd het hulle Nederland met 35–7 verslaan en sodoende hul vierde vastelandse titel ingepalm. Daarmee kon die Spanjaarde in ’n uitspeelrondte teen die Skotte speel, die Sesnasies 2015 en 2016 se laaste span as deel van die Vrouerugbywêreldbeker 2017-kwalifisering. Hulle het die eerste wegwedstryd Glasgow met 10–5 gewen en hulle kon ook die terugwedstryd in Madrid met 15–10 wen en sodoende vir die toernooi kwalifiseer.

Kleure, embleem en bynaam Die truikleure is die nasionale kleure van die land; die rooi trui en die blou broeke is aan die Huis van Bourbon ontleen. Die huidige trui bestaan uit ’n rooi hemp met ’n driehoekige patroon en swart middellyfsye, donkerblou broeke en donkerblou kouse, terwyl die wegtrui uit ’n donkerblou hemp, rooi middellyfsye, donkerblou broeke en donkerblou kouse bestaan.

Die beheerliggaam Spaanse Rugbyfederasie toon ’n leeu wat op ’n rubgybal leen, met die belettering España Rugby daaronder. Die nasionale span se bynaam is Las Leonas (“die leeuinne”).

Tuisstadion duimnael|Estadio Nacional Universidad Complutense Spanje se tuisstadion is die Estadio Nacional Universidad Complutense in die hoofstad Madrid. Dit is geleë op die Complutense-universiteit van Madrid se kampus, is in 1943 ingewy en beskik oor ’n kapasiteit van sowat 12 400. Die nasionale span het dié stadion in 1996 begin gebruik, sedertdien is hier meer as driekwart van Spanje se tuiswedstryde gespeel.

Rugbywêreldbekerstadions

Spanje het die Vrouerugbywêreldbeker 2002 aangebied. Dié toernooi is in die noordoostelike outonome gemeenskappe Aragon en Katalonië gehou.

Toetswedstryde Spanje het 87 van sy 166 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 52,41%. Spanje se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 1 0 1 0 0,00 2 2 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 18 2 14 2 11,11 1 1 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 20 6 14 6 30,00 4 4 0 0 100,00 12 6 6 0 50,00 16 10 6 0 62,50 4 2 2 0 50,00 3 0 3 0 0,00 3 3 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 13 13 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 1 1 0 0 100,00 4 4 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 23 8 15 0 34,78 8 3 5 0 37,50 7 6 1 0 85,71 1 1 0 0 100,00 4 0 4 0 0,00 11 7 3 1 63,64Algeheel 166 87 76 3 52,41

Rekords Wêreldbekerrekord Spanje het tot dusver aan sewe vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die sesde plek tydens die 1991-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Sesde plek 1994 Nie deelgeneem nie 1998 Sewende plek 2002 Agtste plek 2006 Negende plek 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Negende plek 2017 Tiende plek 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Groepfase 2029 2033

Vyf- en Sesnasies In 2000 het Spanje by die destydse Vyfnasies aangesluit, waar hulle teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis gespeel het. Van 2002 af het Ierland ook deelgeneem. In 2007 is Spanje met Italië vervang.

Europese Vrouerugbykampioenskap Spanje neem aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deel. Hulle het sedertdien twaalf toernooie beklink.

Titeloorwinning (12): 1995, 2003, 2010, 2013, 2016, 2018, 2019, 2020, 2022, 2023, 2024, 2025

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Spaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers (zagueros) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Maider Aresti Skrumskakel Getxo 13 Anne Fernández de Corres Skrumskakel Eibar 35 Bingbing Vergara Skrumskakel El Salvador 9 Amàlia Argudo Losskakel Toulouse 25 Lea Ducher Senter Cocodrilas 5 Clàudia Peña Senter Harlequins 26 Claudia Pérez Senter Majadahonda 17 Zahía Pérez Senter Complutense Cisneros 30 Alba Vinuesa 15px|Kaptein Senter Stade Français 35 Claudia Cano Vleuel Complutense Cisneros 14 Ana Cortés Vleuel Pozuelo 6 Tecla Masoko Vleuel El Salvador 8 Clara Piquero Vleuel Pau 28+ Voorspelers (delanteros) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Cristina Blanco Haker Trailfinders 31 Nuria Jou Haker Santboiana 11 Marieta Román Haker Cocodrilas 23 Inés Antolínez Stut El Salvador 21 Sidorella Bracic Stut El Salvador 27 Mireia de Andrés Stut Sant Cugat 9 Laura Delgado 15px|Kaptein Stut Harlequins 51 Eider García Stut Lyon 5 Gemma Silva Stut Barcelona 6 Lourdes Alameda Slot Bobigny 42 Mónica Castelo Slot Rennes 28 Elena Martínez Slot Rennes 9 Ana Peralta Slot CRAT 8 Anna Puig Slot Santboiana 36 Victoria Rosell Slot Complutense Cisneros 7 Alba Capell Losvoorspeler Sale Sharks 29 Nerea García Losvoorspeler El Salvador 8 Valentina Pérez Losvoorspeler Turia 7 Lia Piñeiro Losvoorspeler Olímpico de Pozuelo 10

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Spaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Spaanse nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Spaanse Rugbyfederasie Spanje by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Spanje