Ludwig van Beethoven se Simfonie nr. 10 in E-mol-majeur is 'n hipotetiese werk wat in 1988 deur dr. Barry Cooper saamgestel is uit Beethoven se fragmentariese sketse vir die eerste beweging. Al die sketse wat saamgestel is, was duidelik vir dieselfde simfonie bedoel wat op die Negende sou volg het: Hulle het saam in verskeie klein groepies verskyn, en daar is konsensus dat Beethoven wel van plan was om nog 'n simfonie te komponeer. Cooper se partituur is die eerste keer tydens 'n konsert uitgevoer wat in 1988 deur die Royal Philharmonic Society in Londen aangebied is. Beethoven het self 'n tiende simfonie in 1827 aan dié genootskap belowe. Die partituur is deur Universal Edition (Wene) gepubliseer, wat in 2013 in 'n nuwe uitgawe verskyn het. In 2019 is kunsmatige intelligensie gebruik om die derde en vierde bewegings van die simfonie te rekonstrueer, wat vir die eerste keer op 9 Oktober 2021 in Bonn uitgevoer is onder die titel Beethoven X: The AI Project.Magenta Musik 360. 2021. Beethoven X – The AI Project [mediaverklaring in Duits]. Geargiveer van die oorspronklike op 11 October 2021. Geraadpleeg op 16 April 2024.Elgammal, A. 2019. How artificial intelligence completed Beethoven’s unfinished Tenth Symphony. Smithsonian Magazine, 24 September. Classic fM. 2021. Beethoven’s unfinished Tenth Symphony completed by artificial intelligence. 28 September.
Agtergrond Nadat Beethoven die Negende Simfonie in 1824 voltooi het, het hy sy energie hoofsaaklik aan die sy laat strykkwartette gewy, hoewel daar kontemporêre verwysings is na 'n gewerkskaf aan 'n simfonie is (bv. in sy brief van 18 Maart 1827); na bewering het hy 'n beweging van hierdie stuk vir sy vriend Karl Holz op die klavier gespeel, wie se beskrywing van wat hy gehoor het, ooreenstem met die sketse wat deur Cooper geïdentifiseer is. Cooper beweer dat hy meer as 250 mate van sketse vir die eerste beweging gevind het, wat hy saamgeweef het om die eerste beweging te vorm, terwyl hy so na as moontlik aan Beethoven se komposisiemetode en sketsprosesse probeer bly het. Cooper se rekonstruksie van die eerste beweging bestaan uit 'n andante-deel in E-mol-majeur met 'n sentrale allegro-deel in C-mineur. Cooper beweer dat hy ook sketse vir 'n scherzo gevind het wat hy as 'n derde beweging en ander latere bewegings gebruik het, maar hy het hulle nie as uitgebreid of ontwikkel genoeg beskou om in 'n uitvoerweergawe saamgestel te word nie.
Daar is 'n paar verwysings na hierdie werk in Beethoven se korrespondensie. Beethoven het oorspronklik oorweeg om die Negende Simfonie in geheel instrumentaal te maak, die An die Freude-gedeelte as 'n afsonderlike kantate te komponeer en die Tiende Simfonie met 'n heel ander vokale gedeelte af te sluit.
Vroeër (1814–1815), het Beethoven ook sketse vir 'n sesde klavierkonsert (in D-majeur) begin.
Opnames Twee opnames van Cooper se rekonstruksie van die eerste beweging van die simfonie is in 1988 vrygestel, een onder leiding van Wyn Morris en die ander Walter Weller. Die Morris-opname is ook in 1988 vrygestel op 'n skyf wat die musiek en 'n klankopname van 'n lesing getiteld "The story of Beethoven's tenth symphony" deur Cooper self ingesluit het.
Onverwante uitbeeldings 'n Denkbeeldige verhaal van die ontdekking van Beethoven se Tiende Simfonie is deur Sue Latham in haar roman The Haunted House Symphony uitgebeeld. 'n Soortgelyke konsep deur Richard Kluger in sy roman Beethoven's Tenth is in 2018 gepubliseer en identifiseer baie van die bekommernisse en probleme wat kon voortspruit uit die ontdekking van 'n verlore simfonie. Thomas Hauser se spanningsroman The Beethoven conspiracy uit 1984 beeld die Tiende Simfonie uit wat in die geheim weer gerekonstrueer en uitgevoer word.
Beethoven se 10de simfonie speel 'n groot rol in die plot in Beethoven's last night, 'n album deur die Trans-Siberiese Orkes .
NPR het op Gekkedag (1 April) 2012 'n storie gepubliseer oor die ontdekking van Beethoven se Tiende Simfonie.
In die Wagon Train-episode "The Dr. Denker Story", lei Dr. Denker (gespeel deur Theodore Bikel) 'n "kinderorkes" in wat hy Beethoven se Tiende Simfonie noem.
Beethoven's Tenth is 'n toneelstuk deur Peter Ustinov.Rich, F. 1984. Theater: 'Beethoven's Tenth ' with Peter Ustinov. The New York Times, 24 April. Dit is die eerste keer in April 1984 in die Nederlander Theatre op Broadway onder leiding van Robert Chetwyn opgevoer.
Verwysings na Brahms se Eerste Simfonie Daar word soms na Johannes Brahms se Eerste Simfonie as "Beethoven se Tiende Simfonie" verwys, gebaseer op 'n opmerking deur von Bülow. Von Bülow – voorheen aan die kant van Liszt en Wagner in die Nuwe Duitse Skool – het die musiko-politiese klimaat van die dag net so goed as enigiemand anders begryp, en sy verwysing na die "tiende simfonie" kon net so wel daarop gemik wees om kwaad te steek. Dit lyk asof Von Bülow met hierdie opmerking wou aandui dat dit Brahms – en nie Wagner nie – wat Beethoven se mantel geërf het. Toe Brahms uiteindelik sy Eerste Simfonie laat publiseer het, was hy baie opvlieënd oor die (weliswaar banale) opmerking dat dit Beethoven se Tiende Simfonie sou wees.Del Mar, N. 1993. Conducting Brahms. Oxford, VK: Oxford University Press, bl. 1.
Sowel Brahms se Eerste Simfonie en Cooper se rekontruksie van Beethoven se sketse vir die Tiende Simfonie maak gebruik van 6/8-allegro-bewegings in C-mineur.
Verwysings
Kategorie:Artikels met stellings wat verwysings ontbreek sedert Oktober 2018 Kategorie:Simfonieë