Die nasionale vlag van Swede (Sweeds: Sveriges flagga) is op 22 Junie 1906 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n geel Skandinawiese kruis op ’n blou veld. Die vertikale arm van die kruis is in die rigting van die vlagpaal verskuif volgens die patroon van die ander Skandinawiese vlae. Die Skandinawiese kruis verteenwoordig Christenskap.
Die ontwerp en kleure van die Sweedse vlag is glo ontleen aan die huldige wapen van Swede wat uit 1442 dateer en blou is kwartaalliks gedeel deur ’n kruispatroon in goud. Blou en geel word ten minste sedert Magnus III se koninklike wapen uit 1275 as Sweedse kleure gebruik.
Ontwerp duimnael|’n Wapperende vlag van Swede Die Sweedse vlag het die volgende tegniese ontwerp:
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:
40pxKleurskemaBlou (Blå)Geel (Gul) StelselNatuurkleurePantoneNatuurkleurePantone Kleurnaam 4055-R95B 301 C 0580-Y10R 116 C Heksadesimaal #005583 #004B87 #FFC200 #FFCD00 RGB 0, 85, 131 0, 75, 135 255, 194, 0 255, 205, 0 CMYK 100, 35, 0, 49 100, 44, 0, 47 0, 24, 100, 0 0, 20, 100, 0
Verhouding en kleurskema Die Sweedse vlag is slegs een van vyf vlae met die verhouding 5:8, die ander is dié van Argentinië, Guatemala, Palau en Pole. Dit is ook een van slegs vier vlae met die kleurskema blou en geel, die ander is dié van Kasakstan, Palau en Oekraïne.
Staatsvlag en burgerlike vaandel Die afmetings van die Sweedse vlag is 5:2:9 horisontaal en 4:2:4 vertikaal. Die afmetings van die Sweedse swawelstertvlag is 5:2:5:8 horisontaal en 4:2:4 vertikaal. Die vlagkleure word amptelik bepaal volgens die natuurlike kleurskema as NCS 0580-Y10R vir die geelskakering en NCS 4055-R95B vir die blouskakering. Volgens die Pantone-stelsel word die blou bepaal as PMS 301 C/U en die geel as PMS 116 of PMS 109 U. Die vierkantige Sweedse staatsvlag is identies aan die burgerlike vaandel. Sweedse wetgewing bepaal nie die ontwerp van die Sweedse wimpel nie, maar dit word aanbeveel dat sy kleurskema met dié van die nasionale vlag ooreenstem.
Vlootvaandel duimnael|Die kuswagskip HSwMS Gustaf V in 1957 met die huidige vlootvaandel en die groter wapen aan die agterdek Die swawelstertvlag (Sweeds: tretungad flagga) word as vlootvaandel (örlogsflaggan) gebruik. Sy algehele verhouding, insluitende die stert, is 1:2. Die vlag word ook as Sweedse vlootgeus (örlogsgösen) gebruik. Die geuse is kleiner as die vaandels, maar hulle het dieselfde afmetings. Die Sweedse swawelstertvlag was oorspronklik die koning se persoonlike kenteken of die kenteken het ’n beveel verteenwoordig wat deur die koning uitgereik is. Dit was oorspronklik tweepuntig, maar in die middel-17de eeu af het die kenmerkende swawelstert verskyn. Die vlag word ook deur die departement van verdediging gehys, terwyl burgerlike departemente vierkantige vlae gebruik.
Koninklike standaard duimnael|Die koninklike standaard wapper op die Koninklike paleis in Stockholm Die koninklike standaard (Kungliga flaggan) is identies aan die driepuntige vlootvaandel, behalwe vir ’n wit veld met óf die groter óf kleiner wapen van Swede daarin omring deur die Orde van die Serafim wat die monarg as sy grootmeester het. Die monarg self besluit oor die spesifieke gebruik van die koninklike vlag.
Geskiedenis Mitologie Volgens ’n vroeë moderne legende het die 12de-eeuse koning Erik IX ’n goue kruis in die hemel gesien toe hy tydens die Eerste Sweedse Kruistog in 1157 in Finland voet aan wal gesit het. Omdat hy dit as ’n teken van God beskou het, het hy die goue kruis op ’n blou agtergrond as sy vaandel aangeneem.
Volgens ’n ander teorie is die Sweedse vlag ontwerp tydens die bewind van koning Karl Knutsson wat in 1442 ook die wapen van Swede ingevoer het. Die nasionale wapen is ’n samevoeging van koning Albert se wapen uit 1364 en koning Magnus III se wapen uit 1275 en dit is blou kwartaalliks gedeel deur ’n kruispatroon in goud.
Volgens historici was die Sweedse vlag voor 1420 blou met ’n goue kruis daarop en ’n eeu later is dit tydens die vroeë bewind van Gustaf V verander in blou met ’n goue kruis daarop.
Vroeë geskiedenis
Die presiese ouderdom van die Sweedse vlag is nie bekend nie, maar die oudste gedokumenteerde uitbeeldings van ’n blou doek met ’n geel kruis daarop dateer uit Gustaf I se bewind aan die vroeë 16de eeu. Die eerste wetlike beskrywing van die vlag was in ’n koninklike lasbrief van 19 April 1562 as “geel in ’n kruis gevorm op blou”. gult udi korssvijs fördeelt påå blott"; Kongl. bref, den 19. April 1562 Soos in ’n koninklike lasbrief van 1569 bepaal moes die geel kruis altyd op Sweedse oorlogsvlae en -vaandels vertoon word. Voorheen het ’n soortgelyke vlag op die wapen van koning Johan III se hertogdom, die huidige Suidwes-Finland, verskyn. Dieselfde wapen word steeds deur dié Finse provinsie gebruik.
Driepuntige vlag ’n Koninklike lasbrief van 6 November 1663 het die gebruik van die driepuntige vlag bepaal, waarvolgens dit slegs as ’n staatsvlag en vlootvaandel gebruik mog word. Plakat, av den 6. Nov. 1663, angående den åtskillnad som härefter bör observeras emellan de flaggor som Kongl. Maj:ts enskilda skepp och farkoster föra, så ock de skepps och farkosters flaggor, som private personer tillhöra och af dem brukas skola. Volgens dieselfde koninklike lasbrief is handelskepe slegs toegelaat om vierkantige stadsvlae in hul onderskeidelike provinsiale kleure te gebruik. Die handelsvloot het in die praktyk egter ’n vierkantige burgerlike vaandel van die staatsvlag begin gebruik. Volgens ’n regeringsinstruksie oor skeepsbou uit 1730 moes hierdie burgerlike vaandel dieselfde verhouding en kleurskema as die staatsvlag hê met die noemenswaardige verskil om vierkantig gesny te word. Tomas Rajalin, Nödig underrättelse om skiepz-byggeriet och der utaf härflytande högnödige och siöväsendet samt taklingen tilhörige proportioner, Carlscrona : 1730 In 1756 is die gebruik van wimpels deur privaat skepe verbied. Kongl. Maj:ts förbud, den 19. November 1756, emot vimplars bruk på kofferdi- och privata fartyg.
Blou vaandel ’n Koninklike lasbrief van 18 Augustus 1761 het bepaal dat die argipelvloot, ’n tak van die Sweedse Vloot wat die eilande langs die Sweedse kus verdedig het, ’n geheel en al bou driepuntige vlag gebruik. Die vlootbevelvoerder het ook die reg gehad om die gebruik die gewone oorlogsvaandel pleks van die blou vaandel te las wanneer dit “gepas” was. Kongl. bref, den 18. Augusti 1761 Dié blou vlag is tot in 1813 gebruik.
Unie tussen Swede en Noorweë Unievlae van 1815 en 1818 duimnael|Omstreeks 1850 was Skandinawië ’n politieke visioen. Die Noorse en Sweedse vlae op hierdie beeld toon albei die uniekenmerk Op 6 Junie 1815 is ’n gemeenskaplike militêre vaandel vir die twee verenigde koninkryke Swede en Noorweë ingevoer. Dié vlag was identies aan die voormalige driepuntige militêre vaandel van Swede behalwe vir ’n wit kruis op ’n rooi veld in die skildhoek. Die wit skuinskruis is voorgestel deur die destydse Noorweegse eerste minister en unionis Peder Anker en dit sou Noorweë verteenwoordig, aangesien die land voorheen met Denemarke verenig was en as ’n onafhanklike land aanvanklik voortgegaan het om dieselfde vlag te gebruik, maar met die nasionale wapen in die skildhoek. Krigskollegii samt Förvaltningens af sjöärendena kungörelse, den 3 Maj 1815, om den för konungarikena Sverige och Norge fastställda örlogsflaggans allmänna anläggnade.
Noorweegse skepe het noord van die Spaanse Kaap Finisterre die Deense burgerlike vaandel met die nasionale wapen in die skildhoek aanhou gebruik, maar hulle moes ter beskerming teen seerowers in die Middellandse See die Sweedse burgerlike vaandel gebruik. In 1818 is ’n gemeenskaplike burgerlike vaandel vir albei lande ingevoer gebaseer op die patroon van die vlootvaandel, maar dit was reghoekig. Hierdie vlag was opsioneel vir Sweedse skepe, maar verpligtend vir Noorse skepe in afgeleë waters. In 1821 het Noorweë ’n nuwe nasionale burgerlike vaandel aangeneem, identies aan die huidige vlag van Noorweë.
Ná die goedkeuring van ’n aparte Noorse vlag het op 17 Julie 1821 ’n koninklike regulasie bepaal dat skepe van albei koninkryke in “afgeleë waters” (byvoorbeeld duskant die Kaap Finisterre) die gemeenskaplike reghoekige burgerlike vaandel (met die skuinskruis in die skildhoek) gebruik. Kungl. Maj:ts kungörelse, den 17. Juli 1821, om de förenade konungarikena Sveriges och Norges handelsflagga. In “afgeleë waters” het hulle die reg geniet om enige van die reghoekige burgerlike vaandel van hul onderskeidelike lande of die gemeenskaplike burgerlike vaandel te gebruik. Hierdie stelsel was van krag tot in 1838.
Unievlae van 1844 duimnael|Sweedse en Noorse vlae nadat die uniemerk in 1899 van die Noorse vlag verwyder is. Bylaag tot ’n omsendbrief deur die koning, ministerie van buitelandse Sake op 18 Oktober 1899. Op 20 Junie 1844 het ’n koninklike resolusie nuwe vlae en heraldiek ingevoer om aan albei koninkryke gelyke status binne die unie te verleen. Albei lande het burgerlike en militêre vaandels met dieselfde patroon en hul onderskeidelike nasionale vlae met ’n uniemerk in die skildhoek wat die vlagkleure gekombineer het ontvang. Die vlootvaandel was gebaseer op die tradisionele driepuntige Sweedse model. Daarbenewens moes die nuwe uniemerk as vlootvaandel en die vlag van die gemeenskaplike oorsese diplomatieke missies gebruik word. Die lasbrief het ook bepaal dat die handelsvloot hul onderskeidelike land se reghoekige burgerlike vaandels moes gebruik, insluitende die nuwe uniemerk. Vir albei lande is ook koninklike standaarde ingevoer met hul onderskeidelike vlootvaandel met die uniemerk, waarop die uniewapen in die middel van die kruis gevoeg is.
Die nuwe unievlae is goed ontvang deur die Noorweërs wat sedert die stigting van die unie hul eie militêre vaandel geëis het. In Swede het die nuwe uniemerk egter redelik ongewild geraak en daarna is minagtend verwys as Sillsallaten (Sweeds) of Sildesalaten (Noors) na ’n kleurryke gereg van ingelegde haring, versier met rooi beet en appels in ’n radiale patroon. Die bynaam is glo vir die eerste keer gebruik in ’n toespraak deur Lord Brakel by die Sweedse Adelhuis in Stockholm.Die Brakel-familie is in 1756 in die Sweedse Adelhuis opgeneem en is veral bekend vir hul deelname aan die Groot Nordiese Oorlog in Finland. C.O. Brakel was ’n sekretaris van die Sweedse Adelhuis (Riddarhussekreterare) en sy opmerking is in 1868 in ’n toespraak gemaak.
Gedurende die 19de eeu is ’n aantal bepalings oor die gebruik van Sweedse vlae uitgereik. Die militêre vaandel moes ook deur burgerlike regeringskepe en -geboue soos doeane, haweloodse en die koninklike pos gebruik word. Vir hierdie gebruik sou die militêre vaandel ’n wit veld met ’n goue merk hê: Vir die haweloodse (van 1881 af, gebaseer op ’n 1825-voorstel) ’n anker met ’n ster; Kongl. Maj:ts skrivelse 1825 till Förvaltningen af sjöärendena om förslag till en särskild lotsflagg vir doeane (van 1844 af) met die letter “T” en ’n koninklike kroon daarop; General-tullstyrelsens cirkulär, 26. September 1844, till herrar tulldistriktschefer och tullkamrarne med tillkännagifvande, att en särskild flagga för tullverkets fartyg blifvit av Kongl. Maj:t fastställd. vir die koninklike pos (van 1844 af) ’n poshoring met ’n koninklike kroon. Op 7 Mei 1897 is ’n alternatiewe vlag ingevoer. Hierdie dubbelpuntige vlag is gebruik deur regeringskepe en -geboue wat nie die driepuntige militêre vaandel gebruik het nie.