duimnael| Barry Cooper Barry Cooper (gebore 1949) is 'n Engelse musikoloog, komponis, orrelis, Beethoven-kenner en redakteur van die Beethoven Compendium.
Lewe Cooper is in Westcliff-on-Sea in Essex gebore. Hy het sy kinderjare klavier- en komposisielesse gehad, wat uiteindelik tot studiebeurse by Gordonstoun School en later by University College, Oxford gelei het, waar hy orrel onder John Webster gestudeer het, 'n M.A.-graad in 1973 en 'n DPhil-graad in 1974 verwerf het. Sy komposisies sluit in 'n oratorium, The Ascension, in.
Cooper is veral bekend vir sy boeke oor Beethoven, sowel as 'n voltooiing en rekonstruksie van Beethoven se fragmentariese Simfonie no. 10. Nadat hy Beethoven se sketsboeke breedvoerig bestudeer het en 'n boek daaroor geskryf het (Beethoven and the Creative Process), het Cooper genoeg vertroue gehad om die sketse vir die onderskeie bewegings van die Simfonie te identifiseer en dié vir die eerste beweging in 'n musikaal bevredigende geheel saam te stel. Die rekontruksie is deur die Londense Simfonieorkes onder leiding van Wyn Morris opgeneem.Wigmore, R. "Wyn Morris". In Sadie, S. (red.). The New Grove Dictionary of Music and Musicians. Vol. 17, bl. 148–149. Dit is toe hersien en vir die eerste keer in 1988 deur die Royal Liverpool Philharmonic Orchestra onder leiding van Walter Weller uitgevoer. In 'n sekere sin het dit Beethoven se belofte van 'n tiende simfonie aan die Royal Philharmonic Society gestand gedoen, aangesien die première tydens 'n konsert deur hierdie vereniging was. Verskeie opnames is beskikbaar.
Van 1974–1990 het Cooper aan die Universiteit van Aberdeen doseer, waar hy in vroeë gedrukte musiek in daardie stad gespesialiseer het, asook in musiekteorie van 18de-eeuse Engeland. Hy het ook seldsame 17de-eeuse Franse klavesimbelmusiek ontdek, asook een van die oudste kanons wat nou bekend is.
Cooper het onlangs 'n nuwe uitgawe van die Beethoven Piano Sonatas (vir die ABRSM) vrygestel, wat drie bykomende sonates insluit (en wat normaalweg nie ingesluit word nie). Cooper het ook die meegaande kritiese teks vir die sonates geskryf, waarin hy die veranderinge wat aangebring is en die duisende regstellings aan die sonates uiteensit.
Sedert 1990 het Cooperaan die Universiteit van Manchester gedoseer, later as professor in musiek. Benewens oor Beethoven se sketse gee Cooper ook kursusse in Westerse musiekgeskiedenis, redigering, bibliografievaardighede, en harmonie en kontrapunt.
Verwysings
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse komponiste Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Vertaalde bladsye wat nagegaan moet word Kategorie:Musikoloë