Die Sweedse nasionale vrouerugbyspan (Sweeds: Sveriges damlandslag i rugby union) is die nasionale vrouerugbyspan wat Swede in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Swede geadministreer deur die Sweedse Rugbyunie (Svenska Rugbyförbundet, SRF) wat in 1932 gestig is. Die Sweedse vrouerugbyspan is tans (Junie 2025) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Swede het sy eerste toetswedstryd in 1984 teen Nederland gespeel. Swede het tot dusver aan vier vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en tydens die 1994-toernooi met die tiende plek sy beste prestasie behaal. Hulle het tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap een titel ingepalm, een keer as naaswenner en drie keer in die derde plek geëindig. Die Sweedse span speel tradisioneel in blou-geel-gestreepte truie met blou broeke en geel sokkies – wat aan die kleure van die vlag van Swede ontleen is.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Swede is die Sweedse Rugbyunie (Svenska Rugbyförbundet, SRF). Die SRF is in 1932 as die Stockholms Rugbyförbund gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens het die Sweedse beheerliggaam in 1958 by die kontinentale beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) aangesluit.

Geskiedenis Swede word as een van vrouerugby se baanbrekers beskou en hulle het in 1984 hul eerste toetswedstryd teen Nederland gespeel, twee jaar ná die heel eerste vrouetoetswedstryd ooit. Die Swede het aan die vrouerugbywêreldbekertoernooie in 1991, 1994, 1998 en 2010 deelgeneem. In 2017 het hulle ná drie jaar se afwesigheid weer na vrouerugby teruggekeer.

Swede het die Europese Vrouerugbykampioenskap 2021–2022 beklink. Die Swede het hul eerste wedstryd tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 2024 teen die Nederlanders met 0–59 verloor.

Trui Die Sweedse span speel tradisioneel in blou-geel-gestreepte truie met blou broeke en geel sokkies, die kleure van die nasionale vlag.

Toetswedstryde Swede het 31 van sy 86 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 36,05%. Swede se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 3 3 0 0 100,00 10 7 3 0 70,00 3 0 3 0 0,00 4 4 0 0 100,00 4 0 4 0 0,00 8 3 5 0 37,50 2 1 1 0 50,00 1 0 1 0 0,00 4 0 4 0 0,00 18 3 15 0 16,67 1 1 0 0 100,00 2 1 1 0 50,00 4 4 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 9 0 9 0 0,00 6 1 5 0 16,67 1 1 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 3 1 2 0 33,33Algeheel 86 31 55 0 36,05

Rekords Wêreldbekerrekord Swede het tot dusver aan vier vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die tiende plek tydens die 1994-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Plaat-kwarteindstryd 1994 Tiende plek 1998 15de plek 2002 Nie deelgeneem nie 2006 Nie deelgeneem nie 2010 Twaalfde plek 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Nie gekwalifiseer nie 2029 2033

Europese Vrouerugbykampioenskap Swede neem aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deel. Hulle het sedertdien een toernooi beklink.

Titeloorwinning (1): 2009

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Sweedse span gevorm tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 2024:

+ Agterspelers (försvarare) Speler Posisie Olivia Palmgren Skrumskakel Linda Hakansson Losskakel Carina Trinh Agterspeler Hanna Borgemyr Agterspeler Sofya Smolina Agterspeler Minonna Nunstedt Senter Tess Proos Senter Sara Jacobsson Vleuel Isabell Wijkström Vleuel Amanda Swartz 15px|Kaptein Heelagter+ Voorspelers (anfallare) Speler Posisie Maja Meuller Haker Hannah Persson Haker Marielle Andersson Stut Linn Olforser Stut Pauline Sarg Stut Jennifer Sundqvist Stut Linnea Flyman Slot Cornelia Noren Slot Emma Thönssen Slot Emma Wedervang Slot Elizabeth Sonnenholzner Losvoorspeler Elin Sterner Losvoorspeler Emma Ytterbom Losvoorspeler

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Sweedse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Sweedse Rugbyunie Sweden by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Swede