Wylliespoort is 'n bergpas deur ‘n nou kloof in die Soutpansberg in die Vhembe-distrik van Limpopo, Suid-Afrika. Die eerste pas is in 1904 deur uitgemeet. Die bestaande pad gaan deur twee tonnels (450 m) en (274 m) wat in 1961 voltooi en gebou is nadat die 'ou' pad weggespoel het. Die pas is net noord van Louis Trichardt op die N1 nasionale pad.B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995
Die pas is by nagenoeg 22° 54′ suid, 29° 56′ oos en ±20 km van Louis Trichardt (Makhado) in die rigting van Musina. Dit is ‘n natuurlike geologiese verskynsel wat ‘n verbinding verskaf het deur die berge vir die Voortrekkers se ossewaens na die noorde, maar ook vir die migrasie en verspreiding van wilde diere en plante.
Hierdie pas dra die naam van luit. C.H. Wyllie, ‘n Engelse ingenieur wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog na Suid-Afrika gekom het. Hy het aan die hoof gestaan van die bou van die hoofpad na die grens by Beitbrug in die jare 1904 tot 1907. Op hierdie plek het die pad die loop van die rivier gevolg en het die pad gevolglik verskeie male verspoel. Daarom is die hoofpad (die N1) hier in 1961 met twee tonnels, bekend as die Hendrik Verwoerd-tonnels van elk ‘n paar honderd meter lank, herbou.
Rondom die poort is ‘n beskermde natuurgebied aanvanklik bekend as die plaas Marius en eiendom van Perskor. Dit is ‘n habitat vir bedreigde plant- en dierspesies.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Bronnelys de Waal, Benita: New era in conservation. In: Omgewing RSA. Departement van Omgewingsake. Deel 13, nr. 1, Januarie 1986
Verwysings
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Limpopo Kategorie:Natuurreservate in Limpopo