Die Tanglewood-natuurreservaat by Kloof is in privaatbesit en in 1985 tot natuurmonument verklaar.

Ligging Hierdie bewaringsgebied is 5 km wes van Pinetown en lê tussen Kloof en die fabrieke by Westmead. Die terrein van 160 ha met inheemse bos en grasvelde is sedert 1982 in besit van die Walker-familie en is dus nie vryelik toeganklik nie.

Flora Die plantegroei is divers: silwerblaarsuikerbos, troshofiesuikerbos, watsonia, wildelukwart, lemoenhout, bostou, wildevy (Ficus sonderi), Pentanisia en Gladiolus saundersii. Besonder groot eksemplare van die platkroon en die wildepopulier kom hier voor.

Fauna Reeds ‘n 150 voëlsoorte is al hier waargeneem. Wat die verdere dierelewe betref, is die volgende soorte opvallend: bosbok, duiker, blouaap, rooimuishond, gebande muishond, watermuishond, grootkolmuskeljaatkat, luiperd en die bosvark.

Nabygeleë natuurreservate Krantzkloof-natuurreservaat Springside-natuurreservaat

Verwysings

Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal Kategorie:KwaZulu-Natal