duimnael|Nathan Trantraal Nathan Trantraal (1983) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy is in Kaapstad gebore. Sy grafiese roman, Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit, is in 2008 deur Tafelberg gepubliseer. Trantraal se debuutdigbundel, Chokers en survivors, is bekroon met die Ingrid Jonkerprys vir Poësie in 2015 en 'n ATKV Woordveertjie vir poësie in 2014. Hy is getroud met die digter Ronelda Kamfer, en sy tweede digbundel is getiteld Alles het niet kom wôd. Tans is Nathan Trantraal 'n dosent by die Rhodes Universiteit se MA in Skeppende Skryfkuns-program.

Bronnelys Vaktydskrifte Pieterse, Henning. 2017. Alles het niet kom wôd (Nathan Trantraal) . Tydskrif vir Letterkunde.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers