Hans Hellmut Kirst (5 Desember 1914 – 23 Februarie 1989) was 'n Duitse romansier en die skrywer van 46 boeke, waarvan 'n klompie in Afrikaans vertaal is. Kirst word veral onthou as die skepper van die "Bombardier Asch"-reeks.

Biografie

Vroeë jare

Hans Hellmut Kirst is gebore in Osterode, Oos-Pruise. Osterode is die hedendaagse Ostróda in Pole.

Kirst het in 1933 aangesluit by die Reichswehr (Duitse Weermag) en het tydens die Tweede Wêreldoorlog as offisier gedien. Aan die einde van die oorlog het hy die rang van Luitenant Susan Heller Anderson, "Hans Helmut Kirst; West German, 74, Wrote About Nazis", New York Times, 24 Februarie 1989. en Nationalsozialistischer Führungsoffizier behaal. Kirst was 'n lid van die NSDAP, en het later verklaar dat hy "die Nasionale Sosialisme verwar het met Duitsland".

Kirst het later aangedui dat hy na die oorlog nie onmiddellik die verhale oor Duitse wandade geglo het nie. "Jy het nie werklik geweet dat jy deel was van 'n klub moordenaars nie," het hy later in herinnering geroep.

Letterkundige loopbaan

Kirst se eerste roman, Wir nannten ihn Galgenstrick, is in 1950 gepubliseer. Die boek handel oor 'n jong Duitse offisier wat 'n NSDAP-garrisoen saboteer.

Kirst het internasionale roem verwerf met sy Null-acht, fünfzehn-reeks (Nul agt 15), 'n satire op die soldatelewe wat wentel rondom Onderbombardier Asch, 'n soldaat wat daarin slaag om die stelsel op sy kop te keer. Dit is aanvanklik gekonsipieer as 'n trilogie (08/15 in der Kaserne , 08/15 im Krieg , 08/15 bis zum Ende ), maar die trilogie is uitgebrei na vyf werke met die publikasie van 08/15 Heute in 1963 en 08/15 in der Partei in 1978. Die reeks volg die loopbaan van Asch, 'n gewone man wat in 'n onmoontlike situasie vasgevang is, vanaf die jare voor die Tweede Wêreldoorlog tot die Oosfront, en uiteindelik die na-oorlogse jare in Duitsland.

Ander belangrike romans deur Kirst wat tydens die Derde Ryk (Duits: Drittes Reich) en die Tweede Wêreldoorlog afspeel sluit in Fabrik der Offiziere (1960), wat handel oor 'n ondersoek na die dood van 'n opleidingsoffisier in 'n offisiersskool aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog, Letzte Station Camp 7, wat oor 'n tydperk van 48 uur afspeel in 'n interneringskamp vir voormalige lede van die NSDAP , Die Wölfe, 'n verhaal van slinkse weerstand in 'n Duitse dorpie en Die Nächte der langen Messer, wat handel oor 'n fiktiewe Gestapo seksie van 6 sluipmoordenaars. Hierdie romans bevat almal humor en satire, met die leidende karakters wat dikwels uitgesproke, vurige Nazis is tydens die Derde Ryk, voordat hulle moeiteloos oorskakel en ewe vurige anti-Nazi's word nadat die gety reeds begin draai het.

Kirst het ook geskryf oor die komplot van 20 Julie 1944 om Hitler te vermoor in Aufstand der Soldaten (1965).

Die letzte Karte spielt der Tod (1955) is 'n fiktiewe verhaal van die lewe van 'n Sowjet-spioen genaamd Richard Sorge. Dit is in Afrikaans vertaal as Die dood speel die laaste kaart (1982)

In 1965 is Kirst genomineer vir 'n Edgar-toekenning deur die organisasie Mystery Writers of America vir sy 1962-boek Die Nacht der Generale, wat in Afrikaans vertaal is as Nag van die generaals. Die boek handel oor 'n ondersoek na 'n reeks moorde van prostitute gedurende en na die Tweede Wêreldoorlog wat gepleeg is deur een van drie Duitse generaals. Die boek is verwerk in 'n gelyknamige 1967-rolprent, met Omar Sharif en Peter O'Toole in die hoofrolle.

Kirst het ook die Konstantin Keller-reeks van speurromans geskryf wat in München in die 1960's afspeel.

In 1972 was Kirst 'n lid van die beoordelingspaneel tydens die 22ste Berlynse Internasionale Rolprentfees. Hy was ook 'n lid van PEN Internasionaal en die skrywersgilde.

Sterfte Kirst sterf op 23 Februarie 1989 in Bremen op 74-jarige leeftyd en word oorleef deur sy vrou Ruth en 'n dogter.

Kirst se boeke is in 28 tale vertaal, en 'n totaal van 12 miljoen eksemplare daarvan is gedurende sy leeftyd verkoop.

Werke in Afrikaanse vertaling Nag van die generaals (1982) (Die oorspronklike titel is Die Nacht der Generale. Die oorspronklike publikasiedatum is 1962.) Nul agt 15 (1982) (Die oorspronklike titel is 08/15 in der Kaserne. Die oorspronklike publikasiedatum is 1954.) Die dood speel die laaste kaart (1982) (Die oorspronklike titel is Die letzte Karte spielt der Tod. Die oorspronklike publikasiedatum is 1955.)

Lys van Kirst se romans in Duits Wir nannten ihn Galgenstrick, 1950 Sagten Sie Gerechtigkeit, Captain? 1952 (Neufassung 1966, Letzte Station Camp 7) Aufruhr in einer kleinen Stadt, 1953 1. Band: 08/15 in der Kaserne, 1954 2. Band: 08/15 im Krieg, 1954 3. Band: 08/15 bis zum Ende, 1955 Die letzte Karte spielt der Tod, 1955 Gott schläft in Masuren, 1956 Mit diesen meinen Händen, 1957 (letterlike vertaling: Met hierdie, my hande) Keiner kommt davon, 1957 (letterlike vertaling: 'Niemand kom weg (daarmee nie)’ Kultura 5 und der rote Morgen, 1958 (letterlike vertaling: "Kultura 5" en die rooi oggend) Glück läßt sich nicht kaufen, 1959 (letterlike vertaling: Geluk kan nie gekoop word nie) Fabrik der Offiziere, 1960 Kameraden, 1961 (letterlike vertaling: Kamerade) Die Nacht der Generale, 1962 (letterlike vertaling: Die nag van die generaals) Bilanz der Traumfabrik, 1963 08/15 heute, 1965 (letterlike vertaling: 08/15 vandag) Aufstand der Soldaten, 1965 Letzte Station Camp 7, 1966 (eerste uitgawe 1952, Sagten Sie Gerechtigkeit, Captain?; letterlike vertaling Laaste stasie, Kamp 7) Die Wölfe, 1967 (letterlike vertaling: Die wolwe) Deutschland deine Ostpreußen, 1968 (letterlike vertaling: Duitsland jou Oos-Pruise) Kein Vaterland, 1968 (letterlike vertaling: Geen vaderland) Soldaten, Offiziere, Generale, 1969 (letterlike vertaling: Soldate, offisiere, generaals) Faustrecht, 1969 Heinz Rühmann, (biografie), 1969 Held im Turm, 1970 Das Udo Jürgens Songbuch, 1970 Kriminalistik, BLV-juniorwissen Band 5, 1971 Verdammt zum Erfolg, 1971 Gespräche mit meinem Hund Anton, 1972 Verurteilt zur Wahrheit, 1972 Verfolgt vom Schicksal, 1973 Alles hat seinen Preis, 1974 (letterlike vertaling: Enigiets het sy prys) Und Petrulla lacht, 1974 Die Nächte der langen Messer, 1975 (letterlike vertaling: Die nag van die lang messe) Generals-Affären, 1977 Die Katzen von Caslano, 1977 Endstation Stacheldraht, 1978 08/15 in der Partei, 1978 (letterlike vertaling: 08/15 in die party) Der Nachkriegssieger, 1979 Der unheimliche Freund, 1979 Hund mit Mann-Bericht über einen Freund, 1979 Eine Falle aus Papier, 1981 (letterlike vertaling: 'n lokval gemaak van papier) Bedenkliche Begegnung, 1982 Geld-Geld-Geld, 1982 (letterlike vertaling: Geld-Geld-Geld) Ausverkauf der Helden, 1983 Die gefährliche Wahrheit, 1984 (letterlike vertaling: Die gevaarlike waarheid) Die seltsamen Menschen von Maulen, 1984 Blitzmädel, 1984 Ende 45, 1985 Das Schaf im Wolfspelz. Ein deutsches Leben, 1985 Ein manipulierter Mord, 1987 (letterlike vertaling: 'n Gemanipuleerde moord) Geschieden durch den Tod, 1987 Erzählungen aus Ostpreußen, 1987 (letterlike vertaling: Verhale uit Oos-Pruise) Die merkwürdige Hochzeit in Bärenwalde, 1988 (letterlike vertaling: Die merkwaardige fees in "Bärenwalde"/beerwoud) Stunde der Totengräber, 1988 (letterlike vertaling: Uur van die grafgrawers) Der unheimliche Mann Gottes, 1988 Menetekel ’39, 1989 Vergebliche Warnung, Der Polenfeldzug, 1989 Die Ermordung des Rittmeisters, 1992 Erinnerungen an eine unvergessene Heimat

Rolprentverwerkings van Kirst se romans 08/15 (1954. Die eerste deel van die 08/15 trilogie van rolprente, en ook bekend as Teil 1: In der Kaserne (Eng: Part 1: In the Barracks.) 08/15 Zweiter Teil (1955) (Eng: 08/15 – Part 2) 08/15 in der Heimat (1955) (Eng: 08/15 at Home) Fabrik der Offiziere (1960) (Eng: Officer Factory) The Night of the Generals (The Night of the Generals is 'n misterierolprent uit 1967 wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel en geregisseer is deur Anatole Litvak en vervaardig is deur Sam Spiegel. Die rolverdeling sluit groot sterre in soos Peter O'Toole, Omar Sharif, Tom Courtenay, Donald Pleasence, Joanna Pettet en Philippe Noiret. Die draaiboek deur Joseph Kessel en Paul Dehn is grootliks gebaseer op die gelyknamige roman uit 1962 deur Kirst. Daar is ook verklaar dat die rolprent "gebaseer is op 'n insident wat geskryf is deur James Hadley Chase", wat verwys na 'n subplot uit Chase se roman uit 1952 getiteld The Wary Transgressor.p.762 Gifford, Dennis The British Film Catalogue Routledge; 1ste uitgawe (1 April 2016) Gore Vidal het blykbaar bydraes gamaak tot die draaiboek, maar is nie daarmee gekrediteer nie.CNC Die rolprent se klankbaan is gekomponeer deur Maurice Jarre.) Fabrik der Offiziere (1989, TV minireeks)

Sien ook Lys van vertalings in Afrikaans

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1989 Kategorie:Duitse skrywers