Die Italiaanse nasionale vrouerugbyspan (Italiaans: Nazionale femminile di rugby a 15 dell’Italia) is die nasionale vrouerugbyspan wat Italië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle staan ook bekend as Le Azzurre (Italiaans vir: “die Hemelbloues”). Savoiblou is die gewone kleur van die nasionale spanne wat Italië verteenwoordig, aangesien dit die tradisionele kleur van die Huis van Savoje was wat van 1860 tot 1946 oor die Koninkryk Italië regeer het. Rugby word in Italië deur die Italiaanse Rugbyfederasie (Federazione Italiana Rugby, FIR) geadministreer. Italië neem jaarliks aan die Sesnasies-vrouetoernooi deel, saam met Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.

Italië het sy eerste toetswedstryd in 1985 teen Frankryk gespeel. Italië se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Italië het tot dusver vir ses van die tien toernooie gekwalifiseer; in 2017 het hulle met die negende plek hul beste prestasie behaal. Italiaanse spelers dra tradisioneel blou truie, wit broeke en blou sokkies. Hul alternatiewe kleure bestaan uit ’n wit trui met blou broeke en wit sokkies. Italië se internasionale wedstryde word op verskeie plekke dwarsdeur die land gespeel. Die Italiaanse vrouerugbyspan is tans (September 2025) negende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Beheerliggaam

duimnael|links|Die Povlakte in Noord-Italië word algemeen as die hartland van Italiaanse rugby beskou Die beheerliggaam vir rugby in Italië is die Italiaanse Rugbyfederasie (Federazione Italiana Rugby, FIR). Die FIR het in 1928 uit die “Propagandakomitee” ontstaan en in 1987 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens was die Italiaanse Rugbyfederasie in 1934 ’n stigtingslid van die vastelandse beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa). Die hoogste rugbyliga in Italië is die Serie A Elite, waaraan agt spanne deelneem. Van die spanne is veral uit die twee rugbyvestings Lombardye en Veneto afkomstig.

Geskiedenis Beginjare Op 22 Junie 1985 het die Italianers in hul eerste toetswedstryd teen die Franse met 0–0 gelykop gespeel. Een jaar later is hulle deur Frankryk in Bardos met 12–0 geklop. In die derde toetswedstryd in 1987 kon hulle hul eerste punte teen dié buurland aanteken, maar hulle het in Rome nogtans met 4–16 verloor.

In 1988 het Italië deelgeneem aan die eerste Europese Vrouerugbykampioenskap in Bourg-en-Bresse wat deur die plaaslike vroueklub georganiseer is. Saam met die gasvroue het Groot-Brittanje en Nederland deelgeneem. Die Italianers het ná drie nederlae in die laaste plek geëindig. Dié eerste aanbieding van hierdie toernooi is nooit amptelik erken deur die vastelandse beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) nie, hoewel dit as die eerste toernooi vir die ontwikkeling van nasionale vrouerugbyspanne belangrik was.

Onder leiding van die Italiaanse Rugbyfederasie In 1991 het die Italiaanse Rugbyfederasie die bestuur van die Italiaanse vrouerugby oorgeneem. Hul eerste taak was die keuring van die nasionale span vir die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 in April in Wallis. Die Azzurre het hul groep in die laaste plek afgesluit en die Plaat-kwarteindstryd gehaal. Hulle kon teen Swede met 18–0 hul eerste toernooioorwinning aanteken, maar hulle het in die halfeindstryd met 0–6 teen Kanada vasgeval.

Die span het stadig ontwikkel. In hul eerste 15 jaar tot 2000 het hulle in slegs 33 amptelike toetswedstryde gespeel. Tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 1995 tuis in Treviso het die Italianers in die derde plek geëindig en een jaar later het hulle in Madrid dieselfde uitslag behaal. In 1997 is hulle in die groepfase uitgeskakel en het die sesde plek beklee, terwyl hulle tydens die Vrouerugbywêreldbeker 1998 in Nederland met die twaalfde plek tevrede moes wees.

Tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 1999 het die span die sewende plek beklee en twee jaar later die agtste plek. In 2002 kon hulle in Veneto hul eerste Europese titel beklink, voordat in dieselfde jaar in Spanje die Vrouerugbywêreldbeker beslis is, waartydens Italië die twaalfde plek behaal het. In 2005 kon die Italianers in Hamburg hul tweede Europese titel inpalm en twee jaar later kon hulle hul titel verdedig.

Aansluiting by die Sesnasies duimnael|Italië tydens die Vrouerugbywêreldbekerkwalifisering 2013 In Desember 2006 het die Sesnasies-toernooi se uitvoerende komitee daarop besluit om al die vrouetoernooie aan dié van die mans aan te pas, waaraan Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis deelneem; destyds was die enigste verskil Spanje se deelname, wat van 2007 af deur die komitee met Italië vervang is.

Kleure, embleem en bynaam duimnael|Die huidige embleem van die Italiaanse nasionale vrouerugbyspan Die Italiaanse span speel nie in die kleure van die nasionale vlag nie, maar in blou, as ’n huldeblyk aan die koninklike familie van die Huis van Savoje wat onder andere die Koninkryk Italië regeer het. Die span se bynaam Le Azzurre (“die Hemelbloues”) is soos dié van die Italiaanse sokkerspan afgelei van die hemelblou trui.

Tydens tuiswedstryde speel hulle in ’n hemelblou trui met die drie bane van die Italiaanse vlag op die moue, wit broeke en donkerblou sokkies. Indien hul opponent tradisioneel ook in ’n blou trui uitdraf – soos in wedstryde teen Frankryk en Skotland – speel Italië in ’n wit trui met rooi en groen strepe op die skouers, blou broeke en wit sokkies.

Voor elke wedstryd van die Italiaanse nasionale vrouerugbyspan word Il Canto degli Italiani (Italiaans vir: “Die Lied van die Italianers”), die Italiaanse volkslied, gespeel. In Italië staan dié volkslied ook as L’inno di Mameli ("Mameli se volkslied") bekend, en verwys na die outeur van die lirieke, Goffredo Mameli.

Die huidige embleem van Italië herinner aan die Italiaanse vlag (groen, wit en rooi), omring deur lourierblare, wat die grootsheid van die Romeinse geskiedenis en die oorwinnings van Julius Caesar in die oudheid simboliseer. Die lourierkrans is deur die Romeinse keisers gedra. Dit is ook as ’n beloning vir militêre oorwinnings aan die generaals toegeken.

Stadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wallis beskik Italië oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Italianers gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Italië.

Toetswedstryde Italië het 60 van sy 172 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 34,8%. Italië se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 1 1 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 7 7 0 0 100,00 24 0 24 0 0,00 28 4 24 0 14,29 21 2 19 0 9,52 4 3 0 1 66,67 2 0 2 0 0,00 2 0 2 0 0,00 8 5 3 0 62,50 4 4 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 23 16 6 1 69,57 15 6 10 0 33,33 2 1 1 0 50,00 8 5 3 0 62,50 3 1 2 0 33,33 22 8 13 1 36,36Algeheel 172 60 109 3 34,88

Rekords Wêreldbekerrekord Italië het tot dusver aan ses vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die negende plek tydens die 2017-toernooi.

Jaar Uitslag 1991 Plaat 1994 Nie deelgeneem nie 1998 Twaalfde plek 2002 Twaalfde plek 2006 Nie deelgeneem nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Negende plek 2021 Kwarteindrondte 2025 Groepfase 2029 2033

Sesnasierekord Italië se enigste jaarlikse toernooi is die Sesnasies-vrouetoernooi waartydens hulle teen vyf ander Europese lande speel: Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis.

Europese Vrouerugbykampioenskap Italië het voorheen aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deelgeneem en drie toernooie beklink.

Titeloorwinnings (3): 2002, 2005, 2006

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Italiaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers (tre quarti) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Alia Bitonci Skrumskakel Valsugana 7 Francesca Granzotto Skrumskakel Exeter Chiefs 21 Sofia Stefan Skrumskakel Toulon 98 Beatrice Capomaggi Losskakel Villorba 23 Veronica Madia Losskakel Blagnac 58 Sara Mannini Losskakel Colorno 9 Emma Stevanin Losskakel Valsugana 24 Gaia Buso Senter Villorba 3 Giada Corradini Senter Montpellier 1 Beatrice Rigoni Senter Sale Sharks 86 Michela Sillari Senter Valsugana 92 Alyssa D’Incà Vleuel Blagnac 33 Aura Muzzo Vleuel Lyon 55 Vittoria Ostuni Minuzzi Heelagter Valsugana 41+ Voorspelers (avanti) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Desiree Spinelli Haker Benetton 4 Vittoria Vecchini Haker Valsugana 38 Gaia Maris Stut Valsugana 39 Alessia Pilani Stut Bordeaux 8 Sara Seye Stut Trailfinders 34 Emanuela Stecca Stut Villorba 18 Silvia Turani Stut Harlequins 44 Giordana Duca Slot Valsugana 58 Valeria Fedrighi Slot Colorno 64 Alessandra Frangipani Slot Villorba 12 Isabella Locatelli Slot Colorno 55 Sara Tounesi Slot Bordeaux 50 Ilaria Arrighetti Losvoorspeler Rennes 62 Elisa Giordano 15px|Kaptein Losvoorspeler Valsugana 75 Laura Gurioli Losvoorspeler Villorba 16 Alissa Ranuccini Losvoorspeler Lyon 15 Francesca Sgorbini Losvoorspeler Romagnat 34 Beatrice Veronese Losvoorspeler Toulon 29

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Italiaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Italiaanse nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Italiaanse Rugbyunie Italië by Wêreldrugby

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Italië