thumb|240px|'n Ethiopiese Ortodokse monnik van die Debre Damo-klooster in Ethiopië met 'n geïllustreerde Bybel.

Die Ortodokse Tewahedo-kanon, ook soms bekend as die Ethiopiese Bybel, is 'n weergawe van die Christelike Bybel wat in twee Oriëntaal-Ortodokse kerke van Ethiopië en Eritrea gebruik word: die Ethiopies-Ortodokse en die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk. Dit bevat 81 boeke en is die grootste en omvattendste kanon in die tradisionele Christendom.

Westerse geleerders verdeel die boeke in twee kategorieë: die enger kanon, wat grootliks ooreenstem met die boeke wat in die Weste bekend is, en die breër kanon, wat nog nege boeke insluit.

Dit is nie bekend of daar tans een publikasie is wat al die boeke bevat nie. Sommige boeke is moeilik om op te spoor, al is hulle deel van die kanon, en is nie algemeen in kerke in dié twee lande beskikbaar nie.Ethiopian Orthodox Tewahedo Church (2003). "The Bible." Available online at the Ethiopian Orthodox Church's website. Besoek 24 Februarie 2012..

Enger kanon Ou Testament Die enger Ortodokse Tewahedo-kanon bevat die hele Ou Testament van die Hebreeuse Bybel, asook die hele Katolieke deuterokanon, buiten die eerste twee boeke van Makkabeërs. Daarbenewens bevat dit die Gebed van Manasse, 3 Ester en 4 Ester wat ook in die kanon van ander Christelike tradisies voorkom. Uniek aan die Ortodokse Tewahedo-kanon is die Bylae van Jeremia (4 Barug), Jubileë, Henog en die drie boeke van Makabian.

Die boeke Jeremia, Klaagliedere van Jeremia, Barug, die Brief van Jeremia en 4 Barug kom almal in die kanon van die Ortodokse Tewahedo-kerke voor. Ook deel van die kanon is 1, 2 en 3 Makabian. Ten laaste word 3 Esra daarin 2 Esra genoem, 4 Esra is Esra Sutu'el en die Gebed van Manasse is deel van 2 Kronieke.

Nuwe Testament Die enger Nuwe Testament van die kanon bestaan uit die 27 boeke van die Chistelike protokanon, wat feitlik universeel in die Christendom aanvaar word.

Breër kanon Die breër kanon voeg die volgende nege boeke by die ander 81:G. A. Mikre-Sellassie (1993), "The Bible and its Canon in the Ethiopian Orthodox Church", The Bible Translator, 44(1): 111–123. Josippon Sinodos (4 boeke) Ser'ata Seyon Te'ezaz Gessew Abtelis 1 Gelofte en 2 Gelofte Brief van Clement Didaskalia

Lys van boeke in die Ortodokse Tewahedo-Bybel In die Ou testament Lys van boeke in die Ou Testament van die Ortodokse Tewahedo-Bybel:

Genesis Eksodus Levitikus Numeri Deuteronomium Josua Rigters Rut 1-2 Samuel 1-2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke Jubileë Henog 1 Esra 2 Esra (3 Esra) 4 Esra Tobit Judit Ester 1, 2 en 3 Mekabian Job Psalms Messali (Spreuke 1-24) Taksak (Spreuke 25-31) Wysheid van Salomo Prediker Hooglied van Salomo Sirag Jesaja Jeremia, insluitende Klaagliedere van Jeremia, Brief van Jeremia en 4 Barug Esegiël Daniël Hosea Amos Miga Joël Obadja Jona Nahum Habakuk Sefanja Haggai Sagaria Maleagi Josappon

In die Nuwe testament Lys van boeke in die Nuwe Testament van die Ortodokse Tewahedo-Bybel:

Matteus Markus Lukas Johannes Handelinge van die apostels Romeine 1 Korintiërs 2 Korintiërs Galasiërs Efesiërs Filippense Kolossense 1 Tessalonisense 2 Tessalonisense 1 Timoteus 2 Timoteus Titus Filemon Hebreërs 1 Petrus 2 Petrus 1 Johannes 2 Johannes 3 Johannes Jakobus Judas Openbaring

Verwysings

Skakels

Kategorie:Bybel Kategorie:Oriëntale Ortodoksie Kategorie:Christendom