Die Ierse nasionale vrouerugbyspan (Engels: Ireland women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat die hele Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Ierland deur die Ierse Rugbyvoetbalunie (Irish Rugby Football Union, IRFU) geadministreer. Ierland neem jaarliks aan die Sesnasies-vrouetoernooi deel, saam met Engeland, Frankryk, Italië, Skotland en Wallis. Ierland het die kampioenskap reeds twee keer gewen, insluitende een Grand Slam, by altesaam 30 toernooie.

Ierland het sy eerste internasionale wedstryd in 1993 teen Skotland gespeel, toe hulle weg in Edinburg geklop is. Ierse spelers dra tradisioneel groen truie, wit broeke en groen sokkies. Ierland se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Ierland het tot dusver vir agt van die tien toernooie gekwalifiseer en slegs die 1991- en 2021-toernooie misgeloop; in 2014 het hulle met die vierde plek hul beste prestasie behaal. Die Ierse vrouerugbyspan is tans (September 2025) vyfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Een voormalige Iere rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Die Ierse nasionale vrouerugbyspan is in die rugbywêreld uniek, aangesien dit die hele Ierland verteenwoordig en nie net een onafhanklike staat nie. Spelers uit beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland, een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk, mag vir die Ierse vrouerugbyspan uitdraf. Vervolgens gebruik die Ierse vrouerugbyspan nóg een van die lande se volksliedere, nóg een van hul vlae as ’n verteenwoordigende simbool; pleks daarvan gebruik die Ierse nasionale vrouerugbyspan sy eie vlag – dié van die Ierse Rugbyvoetbalunie – en himne. Alternatiewelik betree die span die veld met beide die vlae van Ierland en Ulster, waartoe die ses Ierse graafskappe in Noord-Ierland behoort. As gevolg van die gemeensame span vir beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland word die Ierse nasionale vrouerugbyspan, net soos die soortgelyke Ierse nasionale vrouehokkiespan en die Ierse nasionale vrouekrieketspan, as ’n belangrike simbool vir vrede en samewerking op die polities verdeelde eiland Ierland beskou.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Ierland is die Ierse Rugbyvoetbalunie (Irish Rugby Football Union, IRFU). Die IRFU het in 1879 met die samesluiting van twee beheerliggame ontstaan. In 1886 het die IRFU saam met die Skotse Rugbyunie (SRU) en die Walliese Rugbyunie (WRU) die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) gestig. In 1999 het Ierland met die aansluiting van die Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) by die IRVR ook ’n lid van dié kontinentale beheerliggaam geword. Die IRFU bestaan uit die vier provinsiale beheerliggame Connacht Rugby, Leinster Rugby, Munster Rugby en Ulster Rugby, wat elkeen met sy eie span deelneem aan die nasionale liga IRFU-interprovinsiale vrouereeks.

Geskiedenis Beginjare Die Ierse Vrouerugbyvoetbalunie (Irish Women’s Rugby Football Union, IWRFU) is in 1991 gestig. Op 14 Februarie 1993 het die Iere in hul eerste toetswedstryd weg teen die Skotte gespeel. Vir Skotland was dit ook hul eerste toetswedstryd. Dié wedstryd is op Raeburn Place voor ’n gehoor van meer as 1 000 gehou. Die Ierse afrigter was Alain Rolland, terwyl Sandy Carmichael die Skotte afgerig het. Skotland het die wedstryd met 10–0 gewen ná twee drieë deur hul kaptein Sandra Colamartino. Ierland se eerste kaptein was Jill Henderson. Een jaar later, op 13 Februarie 1994, het Ierland sy eerste tuiswedstryd tydens die terugwedstryd op Ravenhill gespeel. Skotland het dié wedstryd met 5–0 gewen. In 2001 het die IWRFU by die Ierse Rugbyvoetbalunie (Irish Rugby Football Union, IRFU)) aangesluit, in 2008 uiteindelik met die IRFU saamgesmelt en sedert 2009 is die IRFU alleenlik verantwoordelik vir die vrouespan.

Wêreldbekertoernooie Sedert hul debuut tydens die tweede Vrouerugbywêreldbeker 1994 het Ierland aan byna al die vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en slegs die 2021-toernooi misgeloop. Die Iere kon op 13 April 1994 hul eerste vrouerugbywêreldbekerwedstryd teen ’n Skotse studentespan met 18–5 wen. Dit was ook hul eerste mededingende wedstryd ooit.

Ierland het sy beste prestasie tot dusver behaal tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014 ná ’n oorwinning in die groepfase oor Nieu-Seeland, waarna hulle hul groep eerste kon afsluit. Ná ’n oorwinning in hul eerste groepwedstryd oor die Verenigde State met 23–17 het Ierland die verdedigende kampioen Nieu-Seeland ontmoet. Ná drieë deur Heather O’Brien en Alison Miller asook twee doelskoppe en een strafdoel deur Niamh Briggs kon die Iere die Nieu-Seelanders met 17–14 klop. Dit was eers Nieu-Seeland se tweede vrouerugbywêreldbekernederlaag. Dit was ook die eerste ontmoeting tussen die Iere en die Nieu-Seelanders en ná Munster in 1978 het hulle die tweede Ierse span geword wat ’n Nieu-Seelandse rugbyspan kon klop. Dié uitslag word as “een van die grootste ontsteltenisse” in die toernooigeskiedenis beskou. Ná ’n 40–5-oorwinning oor Kasakstan het die Iere die halfeindstryd gehaal. Ierland het uiteindelik die vierde plek beklee nadat hulle die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Frankryk met 18–25 verloor het.

Die Iere het versuim om vir die Vrouerugbywêreldbeker 2021 te kwalifiseer nadat hulle in die kwalifisering in September 2021 in Italië die derde plek beklee het.

Sesnasies duimnael|Ierland tydens die Sesnasies 2023 duimnael|Ierland teen Japan tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 Ierland het sy debuut by die Sesnasies-vrouetoernooi, destyds die Tuisnasies-vrouetoernooi, tydens die eerste 1996-toernooi gemaak. Op 21 Januarie 1996 het hulle in hul eerste wedstryd teen Skotland gespeel. In die 1990’s en vroeë 2000s het Ierland nooit om die titel meegeding nie. Hulle het meestal in die laaste plek geëindig en daarmee slegs die “houtleupel” ingepalm. Voordat hulle tydens die 2013-toernooi hul eerste titel kon wen, was hul vorige beste prestasie die derde plek. In 2000 en 2001 het hulle nie aan die toernooi deelgeneem nie en is met Spanje vervang. Ná hul terugkeer in 2002 het dit die Sesnasies geword. Tydens dieselfde toernooi het hulle hul ergste nederlaag ooit gely teen Engeland met 0–79. Ierland kon sy eerste wedstryd in 2005 teen Wallis met 11–6 wen. Op 10 Maart 2007 kon hulle hul eerste oorwinning ooit oor Skotland met 18–6 op Meggetland aanteken. In 2009 het hulle hul eerste oorwinning oor Frankryk aangeteken.

In 2013 kon die Iere uiteindelik hul eerste toernooi met ’n Driekroon en Grand Slam wen. Hulle het hul erste wedstryd teen Wallis met 12–10 gewen. Op 9 Februarie 2013 kon hulle hul eerste oorwinning ooit oor Engeland aanteken. Alison Miller kon drie drieë druk en Ierland het met 25–0 geseëvier. Op 23 Februarie 2013 het hulle hul eerste Driekroon met ’n 30–3-oorwinning oor Skotland beklink. Op 8 Maart kon Ierland ná ’n 15–10-oorwinning oor Frankryk die titel beklink. Toe Italië die volgende dag deur Engeland geklop is, het Ierland die toernooi gewen. Aan die einde van die toernooi het Ierland vier meer punte gehad as die naaswenner Frankryk. Ierland het die Grand Slam ingepalm ná ’n 6–3-wegoorwinning oor Italië op Sint Patricksdag. Twee strafdoele deur Niamh Briggs het aan Ierland hul vyfde agtereenvolgende oorwinning besorg.

In 2015 het die Iere hul tweede titel en tweede Driekroon binne drie jaar gewen. Hulle het die toernooi voor die Franse beklink, nadat albei spanne elk vier van hul vyf wedstryde kon wen. Om die toernooi te beklink moes Ierland sy laaste wedstryd teen Skotland met meer as 27 punte wen, waarin hulle met ’n 73–3-oorwinning kon slaag. Daarbenewens was dit Ierland se destyds hoogste oorwinning.

Europese Vrouerugbykampioenskap Daarbenewens het Ierland aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deelgeneem. Hulle het in 1997 vir die eerste keer aan dié toernooi deelgeneem. Hul beste prestasie was die derde plek in 2008. In 2004 kon die Iere in die Plaateindstryd Spanje met 20–12 klop.

Kleure, vlae en himnes duimnael|links|Die klawerblaar, die nasionale simbool van Ierland. Volgens tradisie sou Sint Patrick in die 5de eeu die Christelike Drie-eenheid vir die Iere met behulp van ’n klawerblaar verduidelik het duimnael|Vlag wat die hele eiland Ierland verteenwoordig; saamgestel uit die vlae van die vier Ierse provinsies Munster, Connacht, Leinster en Ulster duimnael|Vlag van die Ierse Rugbyvoetbalunie Ierland se tradisionele trui bestaan uit ’n groen hemp, wit broeke en groen sokkies, waarvan hul bynaam Women in Green (“Vroue in groen”) afgelei is. Hul embleem bevat ’n klawerblaar (Shamrock) en ’n rugbybal.

Die Ierse nasionale vrouerugbyspan is een van min nasionale spanne op die eiland wat deur beide Ierse nasionaliste en Unioniste ondersteun word. Aangesien die span sy spelers uit twee aparte lande keur, het dit tot kwessies rondom die vlag en himne tydens hul internasionale wedstryde gelei.

Sedert 1995 word voor Ierland se wegwedstryde uitsluitlik Ireland’s Call gespeel, ’n spesifiek deur Phil Coulter saamgestelde himne, wat na die vier historiese Ierse provinsies se gevoel van samehorigheid verwys en nie die politieke verdeling noem nie. Dit het tot klagtes van ’n aantal spelers en ondersteuners uit die Republiek Ierland gelei dat Amhrán na bhFiann gespeel moet word. As gevolg daarvan word voor wedstryde in Dublin Ireland’s Call steeds saam met Amhrán na bhFiann gespeel.

Die vlag van Ierland word net tydens wedstryde in Dublin gehys, en dit net langs ’n vlag, wat die vier historiese provinsies van Ierland verteenwoordig (Connacht, Leinster, Munster en Ulster). Tydens wegwedstryde word net die beheerliggaam se vlag gehys. Dikwels word die tradisionele Ierse Shamrock-embleem gebruik.

Stadions Net soos ander vername rugbylande soos Frankryk, Italië, Kanada, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wallis beskik Ierland oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Iere gebruik vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Ierland. Tydens die Sesnasies-vrouetoernooi word veral Musgravepark in Cork, die RDS Arena in Dublin en die Kingspan-stadion in Belfast gebruik.

Rugbywêreldbekerstadions

Ierland het die Vrouerugbywêreldbeker 2017 aangebied. Die groepfase is op die UCD Bowl en die Billingspark UCD in Dublin beslis, terwyl die uitklopfase op die Queen’s Universiteit en die Kingspan-stadion in Belfast gehou is.

Toetswedstryde Ierland het 89 van sy 215 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 41,40%. Ierland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 5 2 3 0 40,00 1 1 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 33 2 31 0 6,06 34 3 30 1 8,82 24 20 4 0 83,33 8 6 2 0 75,00 5 1 4 0 20,00 7 4 3 0 57,14 3 3 0 0 100,00 4 2 2 0 50,00 1 0 1 0 0,00 35 17 18 0 48,57 12 6 6 0 50,00 1 1 0 0 100,00 9 4 5 0 44,44 33 15 18 0 45,45Algeheel 215 89 125 1 41,71

Wedywering met ander nasionale spanne Veral met die nasionale spanne van die naburige Britse Tuisnasies handhaaf die Iere ’n intensiewe wedywering, waarvan veral die wedywering met Engeland belangrik is. Van die 33 toetswedstryde tot dusver het Ierland twee gewen en Engeland 33. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver drie keer ontmoet (groepwedstryde in 2006 en 2010 asook kwarteindstryd in 2014), waarvan Engeland al die wedstryde gewen het.