Die Bettysbaai-seereservaat, oorspronklik bekend as die H.F. Verwoerd-seereservaat, beskerm seelewe aan die Suid-Afrikaanse Atlantiese kus.

Ligging Die reservaat is 30 km suidoos van Gordonsbaai en 37 km noordwes van Hermanus. Vanaf die pikkewynreservaat by Stony Point strek dit vir 3 km oos tot by Jack se Baai en vir 2 seemyl (3,7 km) suid tot in die see. Die Harold Porter Botaniese Tuin is net noord van Jack se Baai. Teenswoordig word die seereservaat bestuur as deel van die Kogelberg-natuurreservaat.

Beskermde spesies In die reservaat van ±20 km² word hengel slegs van die strand af toegelaat. Alle seelewe word beskerm. Verwydering van alikreukel, perlemoen, kreef, swartmossel, krap, seekat, rooiaas, klipmossel, polychaete-wurm of enige ander marine-organisme is verbode. In die vroeë 1980’s het ‘n kolonie pikkewyne hulle hier gevestig.

Bibliografie capenature.co.za/bettys-bay-marine-protected-area cer.org.za/wp-content/uploads/2004/11/Bettys-Bay-draft-declaration.pdf marineprotectedareas.org.za/bettys-bay-mpa mpaforum.org.za/portfolio/bettys-bay/ old.mpatlas.org.mpa/sites/67704827/

Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap